Hoe sê Ore?-28 April

hoe se ore

Boetebessies

Ore sien die strate is deesdae vol boetebessies gewapen met uniform, boek en pen.
En as jou kar se lisensie verval het is dit sulke tyd – boetetyd!
Ore moet sê hulle lyk heel netjies en uitgevat in daardie splinternuwe uniforms en heel belangrik met die boek in die hand.
Hulle loop so twee-twee, soos die Rottweilers in Boksburg. Dit kan ’n gevaarlike werk wees moet mens toegee.
Ore wonder net of hulle in die Mall se parkeerterrein kan rondstap en boetes skryf? Dis mos privaat eiendom.
Ore wonder of hulle doelwitte het. Soveel boetes per dag. En ’n bonus vir meer!

Gee die syfers

Ore sien die burgemeester sê hulle gee gehoor aan die nasionale tesourie se pleidooi dat kostes bespaar moet word.
Lekker baie uiteet en duur akkommodasie, funksies, alkohol en vliegkaartjies word glo nou vasgevat. Ore is baie bly om dit te hoor, maar dalk moet die burgemeester vir ons syfers gee.
Vergelyk vir ons die vorige vier of vyf jaar se diesulke uitgawes met waar dit tot dusver vanjaar staan. Syfers het min woorde nodig.

Ge-FICA-ry

Ore dink die kantoor waar mens karre se lisensies moet hernu kan gerus nog iemand in een van daai hokkies kry.
Veral noudat alles weer “ge-FICA” word. En sit sommer ’n groot bord by die ingang wat mense alles moet hê voordat hulle in die tou gaan staan.
Ore hoor darem hy kan gerus ’n Goue Oor gee vir die vroue wat daar werk. Hulle is baie geduldig en vriendelik.

Klopjag nie meer

Ore hoor die polisie sou Dinsdagoggend ’n klopjag vir dwelms by ’n sekere skool in die stad hou, maar op versoek van die skool is dit uitgestel!
Hallo! Is dit nie die bedoeling met ’n klopjag dat dit juis enige plek, enige tyd moet plaasvind nie? Of kan mens nou reël wanneer dit jou pas?

Latest News

COMMENTS

Carletonville HeraldParys GazetteSedibeng SterVaal Weekblad
Top