…"/>

Praat saam… Let’s talk

Na aanleiding van Pieter Ryke se berig, Uit die Natuur. Ek was bevoorreg om twee keer al deur Nieu-Seeland te toer. Wat ’n ondervinding om die glowworm caves te kon besoek. Jou asem slaan weg, dit is onbeskryflik mooi as die bootjie so deur die grot beweeg. Corrie.

 

Wil net hoor mense wat by kerke kos en klere kry en dan gaan hulle na ander kerke toe. Wat gaan aan? Kry julle nie genoeg by een kerk nie? Daar is mense wat die kerke misbruik.

 

Maak ons hek by Uitkoms reg asb? Mens moet iemand vra om oop te sluit en dit werk nie. As dit moet ek sal elke maand betaal om dit reg te maak.

 

Celeste, ons het ‘n rukkie gelede op ‘n ‘chat site’ gesels. Ek het toe kontak met jou verloor. Stuur asb. jou nommer as jy weer wil gesels. Ek sal dan kontak met jou maak.

 

Mnr. die verkeershoof… Kan jy my antwoord asb? Die wet op dra van veiligheidsgordels, is dit ook van toepassing vir die SAPD? Of is hulle bo die wet verhewe? Ek vra die publiek om op te let en ook hul mening te lug.

 

Wow winterpryse? Verlede week kos dit R55, die volgende week is die nuwe voorraad R99? Kan maar net daar op die rak bly, sal dit nie koop nie.

 

Dr. Mosito ons beste tandarts wat jy kan kry in Potch. Dankie vir al jou moeite.

 

Aan almal wat soms aan “sleep paralysis” lei en die persoon wat meen dat Satan sy arms vasdruk, lees en verstaan (”Sleep paralysis het niks te doen met jou geloofsoortuiging nie!):
–> https://en.wikipedia.org/wiki/Sleep_paralysis <–

 

’n Groot pluimpie aan die vriendelike en behulpsame personeel by Caltex-vulstasie oorkant die Mooirivier Mall. En baie spesiaal aan Edwin. Ek ry ‘n wye draai om daar my motor op te vul.

 

Bokkie jy is my als, ek is ontsettend baie lief vir jou.

 

Baie baie geluk aan NW Pukke met julle prestasie om te eindig as SA Kampioene in Eendag klubkrieket. Ons is so trots op julle.

 

When days are dark, friends are really few. Gone are the golden days. Choose the right friend in Jesus Christ, He is the only one you can trust openly. Oom Johnny.

 

As die pastoor onder verdenking my familielid was, sou ek ook soos jy reageer het.

 

Oh no! Ikageng girls with your ‘taser’ and physical assault.

 

Die dwelmprobleem op die Bult is nie naastenby so erg as in Promosa nie. Is inwoners en polisie meer besorg oor die dorp as die “lokasie”?

 

What about young people who buy their licences from traffic officers for R1 000 to R1 500 or a night out in a hotel room?

 

Mooi Mandie! So ken ons jou!

 

Ek het ‘n paar botteltjies as iemand nodig het. Dankie. Rosemary.

 

Aardklop asseblief nie op die Bult nie!! Geen parkering, inbrake in voertuie en beknop… kan meer as 20 voorbeelde noem van voordele op nuwe terrein. Ontspanne atmosfeer en beweegruimte, net twee.

 

Dit is weer stemtyd dit is hoekom hulle nou ewe skielik strate verf. CE.

 

Ek wil net weet of die Herald se prys op is. Een week is hy R4.90 en die volgende week is hy R5.10 en weer die volgende week R4.90. Maak nie saak of sy prys opgaan nie, alles se pryse gaan op. Al kos die Herald R10 gaan ons hom nog steeds koop! Herald bo!!!
(Jammer, daardie een week was ’n fout. Die prys is nou R5.10. Dankie vir die kompliment. Red).

 

Baie geluk Volkies o.16 B-span met jul oorwinning en goue medaljes in die PUK reeks. Trotse Volkies mamma.

 

Ek is geskok oor pandwinkels in Potch. Betaal belaglike pryse vir 2de handse artikels. Gee dit eerder vir arm mense. Dankie. Wilna.

 

My moonshine I love you. You’re the best thing that has happened to me.

 

Hendrika, dankie vir die leen van die loopraam. Ek besef dat ek nie ‘n adres of telefoon nommer van jou het nie. Ek hoop jy lees die briewe in die koerant, weet nie anders hoe ek jou kan kontak nie. Rita. 084 241 4138.

 

Is daar ‘n spesifieke rede dat die voetsoldate van die verkeersdepartement in groepe van drie tot vyf moet loop om lisensieskyfies in geparkeerde motors na te gaan? Ek dink beslis nie daar is nie – en ek betaal hul salarisse en byvoordele… Gerhard.

 

Hoeveel jaar gaan die werkers nog in die slote rond pik waar Holtzhauzenweg by Lombardstraat aansluit agter die mall?! Ingenieursdepartement wat doen hulle daar? Maak jul kontrakteurs wakker sodat hul kan klaarmaak, iemand gaan nog die ouens in die sloot doodry! Frans.

Latest News

COMMENTS

Carletonville HeraldParys GazetteSedibeng SterVaal Weekblad
Top