…"/>

Promosa suig aan die agterste speen

Ek wil graag my bekommernis uitspreek oor die behandeling wat die inwoners van Promosa van die DA ontvang.
Die geskiedenis bewys dat die inwoners gewoonlik self moes veg om hul lot te verander deur middel van die Aksiekomitee en later onder die ID-party en hulle is later onder die DA se vaandel geplaas.Tog word daar steeds te min gedoen deur die DA om die Promosa kiesers tevrede te stel. Die leiers van hierdie party moet weet dat Promosa ook ‘n agtergeblewe gemeenskap is en reeds by twee geleenthede gewys het dat hul eerder DA sal stem. Daar heers ook groot werkloosheid en al die euwels wat daarmee gepaard gaan. Daarom wil die inwoners van Promosa eerder hul hoop op die DA se kundigheid plaas, maar tot op hede gaan die party se fokus en bronne meer na gemeenskappe rondom Promosa. In al die strukture van die party moet Promosa geledere mildelik verteenwoordig word, Promosa inkluis en ou Promosa met al sy nuwe uitbreidings (Die Rainbow nation).
Promosa gee nie om om die DA te adverteer nie en sal T-hemde oral dra en selfs daarmee gaan stem. Dit lyk of die party aanvaar dat die plakkate op die pale outomaties die werk doen wat die prominente figure in hul persoon moet doen. Kom praat met die mense.
Die leier het by een geleentheid gepraat van die ou manne vervang met die nuwe manne.
Wees net versigtig dat daar nie kundigheid vervang word met onkundigheid nie. Dit sal Promosa nog verder agtertoe skuif. Die meeste mense van die Promosa gemeenskap wil nie deel wees van wanbestuur, korrupsie en nepotisme wat tans in die land heers nie.
DA Promosa wil ook weet wie hul kandidate gaan wees, want hulle wil nie vir lamsakkiges en mense wat net hul sakke vol geld wil pomp, stem nie. Hulle soek durf en aksie.

Latest News

COMMENTS

Carletonville HeraldParys GazetteSedibeng SterVaal Weekblad
Top