NWU Pukke netbalspelers wys liefde by Paws

Chanté Bester, Marna Claassens en Jomari Myburgh saam met hulle Paws honde.
Chanté Bester, Marna Claassens en Jomari Myburgh

Die gesegde dat honde ‘n mens se beste vriend is was van toepassing vanmiddag toe NWU Pukke se netbalspelers hulle tyd saam met die honde by Paws (Potchefstroom Animal Welfare Society) spandeer het.

Dié netbalspelers, wat kaptein Chanté Bester, Marna Claassens, Romé Dreyer, Mandolene Hermanus en ander ingesluit het, kon nie genoeg van die oulike hondegesiggies kry nie.

Die honde self het elke oomblik van die liefde wat hulle ervaar het geniet, en wou net spring en speel saam met hierdie wenspan.

Volgens Etienne Janse van Vuuren, bestuurder van die hondehokke by Paws, is dit ‘n eer om dié kampioene van Varsity Netbal by Paws te kan hê.

“Dit is vir ons ‘n groot eer om met dié netbalspan geassosieer te word, veral omdat hulle as rolmodelle deur die plaaslike gemeenskap gesien word,” het hy gesê.

Foto’s: Wouter Pienaar

 

  AUTHOR
Wouter Pienaar
Sport Journalist

Latest News

COMMENTS

Carletonville HeraldParys GazetteSedibeng SterVaal Weekblad
Top