Aardklop: Wat sê die mense?

potch herald logo

Dinsdagaand by die ATKV-verhoog het iemand aan die ou langs hom gestamp en gesê: “Man, dis mos nou lekker! Aardklop is weer waar dit hoort!”
Op Facebook skryf Annemie Bester: “Aardklop, Potch se mense het jou gemis! Welkom terug.
“Terug op die Bult, terug na die ou prys en ou bekendes soos snoek en patats, Kobus se Gat, gratis musiek op oop verhoë. Dit was rerig lekker. Mag dit nog vir jare voortgaan want die mense love dit”.
En Santi Britz: “Dankie, dankie, dankie, dankie. Dis die beste ooit!!
Hoe wil mens nou mooier getuigskrifte as dit hê?
Kommentaar oor Aardklop se eerste dag het oorgeloop van nog komplimente. “Ek is kinderlik opgewonde”, het iemand opgemerk en dié opgewondenheid was oral op die feesterrein te bespeur.
Opvallend was hoe besig die eerste dag was in vergelyking met baie ander jare wat ook getuig dat die nuwe Aardklop ons laat voel het hoe dit was toe die eerste Aardklop 18 jaar gelede gehou is.
Suiwer finansiële besluite om onder meer die toegangsgeld te verhoog, gratis musiekverhoë te stop en later om die feesterrein te verskuif, het weggekalwe aan die Aardklop wat ons geken en byna tot sy ondergang gelei het.
Afgesien van die gehalte produksies is die aktiwiteite op die feesterrein baie mense se Aardklop. ’n Geleentheid om as gesin tussen die stalletjies rond te loop en ’n samesyn wat omarm.
Baie dankie aan dié wat Aardklop gered het en aan dié wat vanjaar se fees byna van nuuts af moes bou in ’n baie kort tyd.
Ons sal van dié Aardklop kan sê: “You’ve never lived until you’ve almost died.” (’n Deel van ’n spreekwoord deur Guy de Maupassant).

Latest News

COMMENTS

Carletonville HeraldParys GazetteSedibeng SterVaal Weekblad
Top