…"/>

Commentary Box: ‘n Lekker uitdaging vir koshuisrugby op die Puk

Een van die wêreld se interessante rugbytradisies en gesogste provinsiale kompetisies is Nieu-Seeland se Ranfurly Skild. Hierdie skild wat ook as “The Log o’ Wood” bekend staan is uniek in die sin dat enige span dié skild in sy besit kan neem met die wenner wat dan in tuiswedstryde die skild teen enige span in Nieu Seeland se provinsiale kompetisie moet verdedig. Die wenner in ‘n stryd om die Ranfurly-skild is dan outomaties die houer totdat ‘n ander span ‘n nederlaag teen die verdedigende kampioen kan bewerkstellig.

Dit is ‘n baie opwindende konsep en groot glorie en spogregte word hieraan gekoppel. ‘n Interessante vraag is hoekom SA Rugby of meer plaaslik, koshuisrugby nog nie so tipe kompetisie op die been gebring het nie.

Dink net hoeveel eer daar by ‘n koshuis op die Puk sal wees as hulle so ‘n soortgelyke “wisseltrofee” in hulle besit het. Hulle sal dan as die beste rugbykoshuis gesien word omdat hulle die kampioene is. Kom ons sê byvoorbeeld dat Patria Manskoshuis die huidige kampioen is. Dan kan Over-de-Voor of Veritas hulle byvoorbeeld uitdaag met ‘n groot klomp trots wat op die spel is.

So tipe uitdaagtrofee sal nie die ligabeker vervang nie, maar kan ‘n tipe onoorwonne spogtrofee word. Koshuise kan mekaar ‘n week voor die wedstryd kennis gee en dan in ‘n groot wedstryd op die Fanie mekaar die stryd aansê.

Dié trofee sal natuurlik ‘n naam moet kry en kan sodoende aan ‘n groot Pukke rugbygees gekoppel word om ekstra glans aan hierdie beker te gee. Iets in die lyn van ‘n “James Stoffberg-skild” miskien.

Ek voorspel lekker gesonde kompetisie en koshuistrots wat hieruit kan stroom, sowel as ‘n lekker bemarkingspluimpie vir die koshuise.

 

  AUTHOR
Wouter Pienaar
Sport Journalist

Latest News

COMMENTS

Carletonville HeraldParys GazetteSedibeng SterVaal Weekblad
Top