…"/>

Puk-kampus kan met rede spog

potch herald logo

Saterdag het duisende eerstejaars en hul ouers die Potchefstroom-kampus van die Noordwes-Universiteit letterlik oorstroom. Die amfiteater was volgepak. Nie almal kon sitplek kry nie.
Die rektor, prof. Fika Janse van Rensburg, se toespraak was treffend en het mens ’n kykie op dié kampus gegee wat alle Potchefstromers nie noodwendig weet nie. Uit sy toespraak die volgende:
Meer as 18 000 aansoeke is vir vanjaar ontvang, waarvan 6 538 aanvaar is. Dit is 2 545 meer as die teiken van 3 993. Die Puk gaan oorvol wees met eerstejaars en party sal soms in lesinglokale op die trappe moet sit. Klink dit soos voorspoedprobleme? Ja, dit is!
Slegs 20 persent van die eerstejaars kom uit Noordwes. Die res ry verby talle ander universiteite van regoor die land en van buite ons landsgrense om op die Puk-kampus te kom studeer.
Die kampus het vanjaar sowat 22 000 voltydse studente en meer as 31 900 op die afstandprogram. Dus meer as 53 000.
Die voorgraadse slaagsyfer is ongeveer 88 persent (kontakstudente) en een van die hoogste voorgraadse gradueringskoerse (22,4 persent) in die land en tel die NWU op grond hiervan onder die top drie universiteite in die land.
Onder kulturele prestasies in 2016 tel die volgende: Nasionale Sêr-wenners en twee spanne in die finaal van die nasionale debatskompetisie. In sport was die NWU die universiteite karate wenners, so ook die hokkie-, pluimbal-, rugby-, netbal- en atletiek universiteite wenners. In krieket die klubkampioene en vroue-sokker provinsiale wenners.
Die Puk-kampus van die NWU is Potchefstroom se enkele grootste bate op vele terreine en behoort gekoester te word.

Latest News

COMMENTS

Carletonville HeraldParys GazetteSedibeng SterVaal Weekblad
Top