Mooi meisies-kalender deel van fondsinsameling vir PAWS

Die modelle met van PAWS se katjies tydens die fotosessie. Van links: Inecke Grobler, Thaila du Plessis, Micaela Sale, Natasha Ganho, Mari-Janna Mac en Gilli Cuddy..
Die modelle met van PAWS se katjies tydens die fotosessie. Van links: Inecke Grobler, Thaila du Plessis, Micaela Sale, Natasha Ganho, Mari-Janna Mac en Gilli Cuddy..

Lezahn Jafta

Potchefstroom modelle, Vicki Gouws en Micaela Sale het dit goed gedink om vir PAWS ’n fondsinsameling te hou om hul te bedank vir hul uitstekende diens aan die gemeenskap. Vicki en Micaela het besluit om twee projekte bekend te stel vir PAWS, waar een van die insamelings ’n kalender gaan wees wat teen R50 elk verkoop gaan word.
Hulle het verlede week van die diere van PAWS vir ’n fotosessie geneem vir die kalender.
Die diere is elke oggend voor hul fotosessie in Picture Café se studio na Potch Diere Spa geneem om behoorlik gepamperlang te word, en die modelle en diere het dit baie geniet.
Die tweede fondsinsamelingprojek is ’n buitelug piekniek wat by Ou Drift Riverside Lodge gehou gaan word. Dié buitelig piekniek word op 17 en 18 Februarie gehou.
Daar gaan ’n “snack shack” en ’n kontantkroeg beskikbaar wees.
Piekniekmandjies kan teen R300 by Ou Drift Riverside Lodge self bespreek word en as jy jou eie piekniekmandjie wil vat, is dit slegs R50 ingang fooi per mandjie.
Geen kampstoele en breekbare items mag by die buitelug piekniek nie ingeneem word nie.
Daar is ’n beperkte aantal tafels wat vooraf bespreek moet word by Vicki. By die buitelug piekniek gaan daar ’n houer wees waarin jy enige donasie of iets vir die diere kan plaas.
Die doel van die fondsinsamelings is om mense te motiveer om betrokke te raak by PAWS en die wonderlike diere by PAWS te ontmoet en dalk aan te neem,” sê Vicki.
Vicki en Micaela bedank graag al hulle borge vir hulle harde werk en dat hulle bereid was om met die befondsing vir die fondsinsamelings te help.
Die kalender is reeds beskikbaar by Catbox, PAWS en verskeie klein sakeondernemings.
Vir enige navrae oor die kalenders of die buitelug piekniek, kan Vicki by 064 504 9506 gekontak word.

Latest News

COMMENTS

Carletonville HeraldParys GazetteSedibeng SterVaal Weekblad
Top