Montego hond besoek PAWS

Gerald van der Merwe, eienaar van Berts Bricks, met sy hond Caesar, Andries Venter (bestuurder van PAWS), Natacia Maree (Berts Bricks) en Brian Kearney van Montego.
Gerald van der Merwe, eienaar van Berts Bricks, met sy hond Caesar, Andries Venter (bestuurder van PAWS), Natacia Maree (Berts Bricks) en Brian Kearney van Montego.

Montego het Vrydag, 3 Februarie 25 sakke Karoo Groot Ras babahondjiekos aan PAWS oorhandig. Elke sak is 20kg in gewig en die sakke is deur Berts Bricks namens Caesar geborg. Caesar is ’n eenjarige rifrug en lid van die Van der Merwe-gesin van Potchefstroom.
Hy is die babahondjie wie se foto op die sakke hondekos verskyn. Hy is met dieselfde kos grootgemaak en is nou ‘n baie gelukkige en gesonde hond. PAWS lewer daagliks ’n baie belangrike bydrae in die gemeenskap deur om te sien na die diere van Potchefstroom en die omliggende gebiede.
Hulle is wel afhanklik van skenkings en daarom het Berts Bricks besluit om op hierdie manier te help.
Dit is belangrik vir die gemeenskap om PAWS te ondersteun waar ookal hulle kan, of dit nou kosskenkings, komberse, vrywillige hulp of geldelike donasies is.
Berts Bricks het die Montego hondekos direk van Montego af bestel en Montego lewer dit dan af waar die donasie benodig word.
Andries Venter, bestuurder van PAWS, sê dat hulle baie dankbaar is vir die kos en dat dit baie gaan help om die honde te versorg.

Caesar as babahondjie.

Caesar as babahondjie.

  AUTHOR
Marianke Saayman
Journalist

Latest News

COMMENTS

Carletonville HeraldParys GazetteSedibeng SterVaal Weekblad
Top