Forensiese rekeningkunde studente tel eikebome

Mnr. Albert van Zyl, senior lektor by die Program vir Forensiese Rekenmeesterskap aan die NWU se Potchefstroomkampus en van sy honneursstudente by een van die dooie bome. Foto: Marianke Saayman
Mnr. Albert van Zyl, senior lektor by die Program vir Forensiese Rekenmeesterskap aan die NWU se Potchefstroomkampus en van sy honneursstudente by een van die dooie bome. Foto: Marianke Saayman

Die honneursgroep van die Program vir Forensiese Rekenmeesterskap aan die NWU se Potchefstroomkampus het op 8 Februarie onder die leiding van hul lektor, mnr. Albert van Zyl, die bome in die Eikelaan gaan tel.
Die 25 studente is in vier groepe opgedeel en het op verskillende punte van die Eikelaan begin tel hoeveel bome is gesond, hoeveel is besig om dood te gaan en hoeveel is heeltemal weg.
Van Zyl sê dat sy studente hul bevindinge by die vergadering wat op 15 Februarie gehou word, gaan voorlê om te bespreek hoe die gemeenskap kan help om die Eikelaan te red. Die vergadering word om 18:00 in die Hoofmuseum in Sol Plaatjies-rylaan gehou. Skakel Danell de Wet by 083 751 7336 as jy die vergadering gaan bywoon.

  AUTHOR
Marianke Saayman
Journalist

Latest News

COMMENTS

Carletonville HeraldParys GazetteSedibeng SterVaal Weekblad
Top