Fliek Vlooi: The Accountant

In die aksiebelaaide spanningsfliek, The Accountant, speel Ben Affleck as die outistiese rekenmeester Christian Wolff, wat terwyl hy as ’n onskuldige rekenmeester voorkom, eintlik sy geld op ander plekke maak.
Die wiskunde boffin doen vryskutwerk vir onwettige besighede en vir van die wêreld se gevaarlikste kriminele organisasies, deur hul boeke na te gaan en geld op te spoor wanneer daar geld binne die organisasie wegraak.
Ray King van die misdaadafdeling van die Tesourie-departement vermoed dat daar wel ’n  rekenmeester is wat hierdie organisasies help, en probeer uitvind wie dit is.
Om te verhoed dat King hom opspoor, besluit hy om ’n kontrak te neem van ’n wettige maatskappy, wat gaan help dat hy nie so verdag lyk nie.
Ben Affleck in The Accountant.

Ben Affleck in The Accountant.

Hy eindig op by ’n pasgestigte robotika maatskappy wie se rekeningkundige klerk ’n gaping in hul boeke gevind het, maar nie kan vasstel waar dit vandaan kom nie.
Wolff, wat nie ’n mense-mens is nie, en eerder verkies om op sy eie te wees, moet nou saam met die maatskappy se rekeningkundige klerk, Dana Cummings (Anna Kendrick) werk om vas te stel waarheen die miljoene  verdwyn het, maar hoe nader hulle aan die antwoord kom, hoe meer gevaarlik raak dit.
Wolff vind homself waar hy vinnig moet optree om Dana se lewe en sy eie te beskerm van wat soveel groter as net verlore geld is.

Ek gee The Accountant 7/10. Dis anders as jou gewone aksie-spanningsfliek. Die protagonis is nie net briljant nie, maar ook outisties.
Ek hou van die wyse waarop die fliek op Wolff se kinderjare fokus om te wys waardeur hy as’n outistiese kind moes gaan en hoe dit hom nou as volwasse man beïnvloed.
Die DVD is beskikbaar om uit te neem by DVD4home op die hoek van Retiefstraat en Govan Mbekirylaan, of skakel hulle by (018) 293 3895.
Kyk die lokprent hier
  AUTHOR
Marianke Saayman
Journalist

Latest News

COMMENTS

Carletonville HeraldParys GazetteSedibeng SterVaal Weekblad
Top