…"/>

Ferdies se sportspanne wys hulle staal op tuisveld

Ferdies het op Donderdag 23 Maart ‘n suksesvolle dag op hulle sportvelde teen Hoërskool Stilfontein, Potchefstroom Boys High en Potchefstroom Girls High beleef.

Ferdies se vier netbalspanne het almal gemaklik die oorhand teen Stilfontein gehad. Die o.14 span wen 25-3, o.15 wen 31-4, 2des wen 22-7 en 1stes wen 40-2.

In die hokkie beleef Ferdinand Postma ‘n op en af dag. Die o.14 meisies wen 1-0 teen Girls High se o./14B span, terwyl die o.15 meisies ‘n bietjie swaar gekry het op die veld. Die tweedes het gelykop gespeel teen Girls High se tweedespan en Ferdies se eerstespan het net-net verloor teen Girls High se eerstespan. Die eerstespan hokkiemanne het ‘n mooi dag beleef en met 3-1 teen Stilfontein gewen.

Die rugbymanne het ook gemengde resultate ervaar: Die o.15’s verloor 14-19 teen Stilfontein. o.16’s wen 17-12 teen Boys High se o.16B span en die eerstespan verloor 26-18 teen Boys High se tweedespan.

Foto’s: Wouter Pienaar en Dustin Wetdewich

  AUTHOR
Wouter Pienaar
Sport Journalist

Latest News

COMMENTS

Carletonville HeraldParys GazetteSedibeng SterVaal Weekblad
Top