…"/>

Volkies se netbaldogters baan die weg in Pukreeks

As daar een sekerheid vir Volkies se sport in hierdie jaar se Pukreeks is, is dit dat hulle netbalspanne kop en skouers bo hulle teenstanders is.

Verlede naweek teen HTS Witbank het al Volkies se netbalspanne skoonskip met hulle Hoëveld teenstanders gemaak. Die eerstespan het ook juis hulle skool se naam met ‘n 36-14 oorwinning hoog gehou. Hier was Madelein Radebe, Nelanie le Roux en Micaela Reid in goeie vorm en het hulle span daardie ekstra op die aanval gegee.

Tog kan nie enige spelers regtig uitgesonder word met spanwerk en spangees wat werklik die oorwinning vir Volkies op tuisgrond gegee het. Op die rugbyvelde was Volkies ook in goeie vorm met die o.16 A-span wat HTS Witbank met 61-8 vermorsel het.

Jannie Claassens, seun van oud Springbok Jannie Claassens, was briljant in die nommer 10 trui. Sy drie in die tweede helfte was een van pure krag, soos hy verdedigers afgestamp het om ‘n welverdiende drie te gaan druk.

Foto’s: Wouter Pienaar

 

Altesaam het Volkies 10 drieë gedruk. Volkies se eerstespan het wel ondanks ‘n goeie individuele vertoning van hulle knap losskakel, Hanru van Rooyen, wat 14 punte ingesamel het, teen HTS Witbank met 28-24 verloor.

Foto’s: Wouter Pienaar

Volkies se eerstespan het in die eerste 10 minute van hul stryd die ritteltits gehad en klomp onnodige foute onder druk begaan. Sodoende moes hulle toekyk hoe Witbank met twee vinnige drieë die voortou neem. Volkies het wel begin bedaar en hulle beste rugby begin speel. Van Rooyen is oor vir Volkies se eerste drie na ‘n goeie agterlyn beweging. Kort daarna is Johan Schoeman oor met ‘n pragdrie waar hy Van Rooyen se presiese tikskoppie versamel het en drie verdedigers ontduik om net voor halftyd te gaan druk. Ongelukkig vir Volkies kon hulle nie weer groot skade aanrig nie, en moes hulle toekyk hoe Witbank na 70 minute feesvier.

Rugby:

o.14A: 27- 0 (wen), o.14B: 22 – 33 (verloor), o.15A: 5 – 32 (verloor, o.15B 0 – 22 (verloor), o.16A: 61-8 (wen)

o.16B: 31 -0 (wen)

3: 5 – 19 (verloor)

2: 40-10 (wen)

1: 24-28 (verloor)

Netbal

o.14A 28 – 4 (wen), o.14B 33 – 2 ( wen), o.15A 36 – 9 (wen), o.15B: 24 – 4  (wen) o.16A: 27- 8 (wen), o.16B: 24 – 11 ( wen), o.17A: 34 – 8 (wen), o.17B: 31 – 12 (wen), tweedespan 20 – 5 (wen), Eerstespan 36 -14 (wen)

Hokkie:

o.14A: 2 – 5 (verloor), o.4B: 0 – 7 (verloor), o.15A: 0-5 (verloor), o.15B: 1 -3 (verloor), o.16A: 0 -6 (verloor), o.16B: 3 -0 (wen), 2: 0 -1 (verloor), 1: 0-2 (verloor)

Tennis:

Junior en senior spanne wen

Skaak:

Junior span verloor en senior span wen.

Seunshokkie:

Juniors (0-7) en seniors verloor (0-1)

  AUTHOR
Wouter Pienaar
Sport Journalist

Latest News

COMMENTS

Carletonville HeraldParys GazetteSedibeng SterVaal Weekblad
Top