Goue glorie vir Potch se SA-kampioen

Joné Kruger (NWU Pukke) is in die wolke na haar sprong van 5.92 meter in die vroue o.20 verspring tydens die ASA Jeug- en Junior Kampioenskappe waar sy goud behaal in Noordweskleure.
Joné Kruger (NWU Pukke) is in die wolke na haar sprong van 5.92 meter in die vroue o.20 verspring tydens die ASA Jeug- en Junior Kampioenskappe waar sy goud behaal in Noordweskleure.

Al was die wind letterlik van voor, het NWU Pukke se jong verspringatleet, Joné Kruger (18), dit reggekry om ‘n uitstekende wensprong van 5.92 meter in die sandput te behaal.
Sodoende het sy met goud om haar nek en ‘n protea in die hand van die ASA Jeug- en Junior Kampioenskappe in Kaapstad met ‘n groot glimlag weggestap.
By hierdie kampioenskappe wat vanaf 7 tot 8 April by die Groenpunt Stadion net duskant Tafelberg plaasgevind het, het die room van SA se jong atletieksterre kompeteer en dié oud-Gimmie kan nou met reg as een van die land se talentvolste jong verspringatlete beskou word.
“Ek is nou eers 18 en ek het gedurende die jaar vir Pukke saam met ouer atlete kompeteer wat goeie ervaring vir die ASA Kampioenskappe was. Ek dink dit het my in staat gestel om my beste te gee,” vertel Kruger, wat een van die gunstelinge was om goud terug te bring in haar ouderdomsgroep na ‘n paar goeie vertonings tydens die Varsity Atletiekreeks.
“Ek het goed gevoel en in die finaal was ek wel baie op my senuwees met die eerste sprong.
Van die eerste sprong af was ek reeds voor en het toe gelukkig ‘n goeie sprong ingekry om die goue medalje te kry. Ek was so verlig en bly om te weet dat ek my doelwit behaal het,” noem Kruger, wat ook ‘n voormalige SA kampioen verspringatleet op o.10, o.11 en o.15-vlak op skool was.

Joné Kruger in aksie vir Pukke.

Joné Kruger in aksie vir Pukke.

Kruger noem ook juis dat die atmosfeer tydens haar verspring-item ongelooflik was en dat die skare se entoesiasme haar na verdere meters laat spring het.
“Na die tyd het almal my net geluk gewens en genoem dat ek ‘n blink toekoms vorentoe het. Ek is nog jonk en ek kan nog baie ontwikkel in verspring.
“Ek was beseringsvry hierdie jaar en dit was die eerste jaar dat ek ‘n volledige gimprogram gehad het wat my met my kondisionering gehelp het. Werner (Burger), my afrigter help my baie en is regtig iemand wat soveel moeite insit dat jy as atleet net jou beste wil gee.

Joné Kruger (NWU Pukke) is in die wolke na haar sprong van 5.92 meter in die vroue o.20 verspring tydens die ASA Jeug- en Junior Kampioenskappe waar sy goud behaal in Noordweskleure.

Joné Kruger (NWU Pukke) is in die wolke na haar sprong van 5.92 meter in die vroue o.20 verspring tydens die ASA Jeug- en Junior Kampioenskappe waar sy goud behaal in Noordweskleure.

“My doel is om hierdie jaar oor die 6 meter merk te kom en dan hopelik 6.30 meter in my verspring te haal.”
Nou gaan Kruger ses ander items by haar gunsteling verspring-item voeg en aan die sewekamp tydens die SA Senior Atletiekkampioenskappe vanaf 20-22 April deelneem.
Die sewekamp bestaan uit verspring, hoogspring, 100 meter hekkies, 200 meter, 800 meter, spiesgooi en gewigstoot. “Dit gaan ‘n nuwe ervaring wees, maar een waarna ek baie uitsien om myself te kan toets in ‘n verskeidenheid items waar jy as atleet konstant moet presteer,” sê sy.
Joné Kruger (NWU Pukke) is in die wolke na haar sprong van 5.92 meter in die vroue o.20 verspring tydens die ASA Jeug- en Junior Kampioenskappe waar sy goud behaal in Noordweskleure.

Latest News

COMMENTS

Carletonville HeraldParys GazetteSedibeng SterVaal Weekblad
Top