…"/>

Volkies se langasem behaal goud en ‘n nuwe SA rekord

Die vreugde is groot op Robert de Villiers (links) en sy afrigter (Nollie Meintjies) se gesigte nadat De Villiers 'n nuwe SA rekord in die o.18 2000m hindernis-item behaal het. De Villiers het eerste plek in 'n tyd van 5:48.06 behaal het.
Die vreugde is groot op Robert de Villiers (links) en sy afrigter (Nollie Meintjies) se gesigte nadat De Villiers 'n nuwe SA rekord in die o.18 2000m hindernis-item behaal het. De Villiers het eerste plek in 'n tyd van 5:48.06 behaal het.

Die aankondiger basuin liries sy opgewondenheid oor die Groenpunt Atletiekstadion se luidsprekers uit toe Noordwes se Robert de Villiers die laaste 100 meter van sy goue 2000 meter hindernis-item met ‘n nuwe SA rekord beklink.

De Villiers trap sy finale tree oor die wenstreep in ‘n fenomenale tyd van 5:48.06 en word met sy tweede goue medalje in twee weke beloon.

Daar is nou geen twyfel dat Hoër Volkskool se 2000 meter hindernis-spesialis die beste in die land is na dié dominerende rekord-oorwinning tydens die ASA Jeug (o.18) en Junior (o.20) Kampioenskappe wat op 7 en 8 April in Kaapstad gehou is.

Met hierdie nuwe tyd het hy die vorige rekord van 6:03:00 vernietig en sy naam in die rekordboeke geplaas. In die 3000 meter-item het hy ook ‘n nuwe persoonlike beste tyd in 08:31.21 gehardloop om ‘n silwer in te palm.

Die vreugde is groot op Robert de Villiers (links) en sy afrigter (Nollie Meintjies) se gesigte nadat De Villiers 'n nuwe SA rekord in die o.18 2000m hindernis-item behaal het. De Villiers het eerste plek in 'n tyd van 5:48.06 behaal het.

Die vreugde is groot op Robert de Villiers (links) en sy afrigter (Nollie Meintjies) se gesigte nadat De Villiers ‘n nuwe SA rekord in die o.18 2000m hindernis-item behaal het. De Villiers het eerste plek in ‘n tyd van 5:48.06 behaal het.

“Ek is in die wolke na die ASA kampioenskappe.

Daar was bietjie meer druk na die SA’s in Durban en ek het met ‘n teiken op my rug Kaap toe gegaan. Dit is net genade van Bo dat alles op die regte tyd bymekaar kon kom.

Die beste oomblik was toe ek na die oorwinning terugstap na my ouers, vriende, familie en afrigter. Hulle het my omhels en gelukgewens en daar het alles ingesink,” vertel ‘n verslae De Villiers.

Volgens hom was daar ‘n uitermatige en kenmerkende sterk Kaapse wind wat die wedloop moeilik gemaak het.

Robert de Villiers van Volkies gaan volstoom vorentoe in die 2000 meter hindernis oorwinning vir seuns o.17 tydens die SA Hoërskole Atletiekkampioenskappe.

Robert de Villiers van Volkies gaan volstoom vorentoe in die 2000 meter hindernis oorwinning vir seuns o.17 tydens die SA Hoërskole Atletiekkampioenskappe.

“Dit was darem koel ook en alles het werklik goed afgeloop. In ‘n oogwink was die wedloop verby en dit was eintlik so onwerklik. Ek kan eintlik nie glo dat ek daaroor gestres het nie. Ek is baie tevrede met my tyd, veral met die wind wat so ‘n groot faktor was.”

Met dié vertonings in Kaapstad het De Villiers nou vir die 2000 meter hindernis en 3000 meter items vir die Wêreld Jeug- en Junior Kampioenskappe in Julie gekwalifiseer. Die SA-span sal in hierdie week aangekondig word, maar kanse is goed dat hy die span sal haal.

“God het alles vir my moontlik gemaak en my vordering hierdie jaar is ongelooflik. My droom is om aan die wêreldkampioenskappe deel te neem en dit is deur Sy werk dat ek dit kan bereik. As ek die span haal is dit ‘n harde drie maande met baie bulte en harde sessies wat voorlê om my gereed te kry. Ek en my afrigter, mnr. Nollie Meintjies wil ‘n punt gaan bewys dat ons ook die Keniane in hulle eie land kan aanvat. Die hoop is om in die top vyf te eindig.”

*Volkskool se Cara du Preez het ook briljant in die 2000 meter hindernis gedoen en silwer in ‘n tyd van 06:45.17 behaal.

Sodoende kwalifiseer Du Preez ook vir die Wêreld Jeug- en Junior Kampioenskappe.

Gimmies se Jana Steinman het ook goud in die vroue o.20 gewigstoot-item behaal met ‘n gooi van 14.40 meter. Sy het ook ‘n silwer in die diskus met ‘n gooi van 41.47 behaal.

Pukke se Alwyn Bothma het ook ‘n goue medalje in die 110 meter hekkies behaal, terwyl Carli Nieuwenhuizen in die vroue o.20 spiesgooi met ‘n gooi van 46.05 ook ‘n goue medalje behaal het.

Algeheel het Atletiek Sentraal Noordwes ook briljant presteer en ‘n derde plek algeheel gevat met nege goue, vyf silwer en drie brons medaljes, om 17 medaljes na die provinsie te bring.

  AUTHOR
Wouter Pienaar
Sport Journalist

Latest News

COMMENTS

Carletonville HeraldParys GazetteSedibeng SterVaal Weekblad
Top