…"/>

Skopboksers wil met medaljes terugkom

Lede van KFA Potcheftroom en Warrior Sports Potchefstroom wil vir Noordwes naam maak by die SA Kampioenskappe.

Noordwes se top skopboksers is gereed om hulle provinsie se naam tydens vanjaar se SAKA SA Skopbokskampioenskappe hoog te hou.

Volgens Sensei Johan van der Schyff van KFA Kickboxing Potchefstroom het hierdie atlete by die Noordwes proewe wat op 11 Februarie gehou is, vir die SAKA SA Skopbokskampioenskappe gekwalifiseer en sodoende sal hulle Noordwes verteenwoordig.

“Die SA’s word vanaf 28 tot 30 April in Durban gehou en ons het twee Potch klubs wat  verteenwoordigers vir die Noordwesspan gaan hê. Dié span bestaan uit vegters van my klub (KFA Kickboxing Potchefstroom) en Warrior Sports Potchefstroom.

“Die vegters kompeteer in ‘n ope belt-afdeling by die SA’s, maar volgens hulle gewigsklas.” Die seniors wat gekies word vir die SA span, word dan vir die WAKO Senior Wêreldkampioenskappe aan die einde van die jaar gekies.”

Noordwes spanlede van Potchefstroom: KFA Kickboxing Potchefstroom: Bestuurder en visepresident Noordwes: Sensei Johan van der Schyff, Henré van den Berg, Meriska Malherbe, Riaan Kotze, Chané Bester, Linda Nel, Heinrich Schutte, Markus Madeleyn, Luan Coetzee, Jaco Bezuidenhout. Warrior Sports Potchefstroom: Sensei Hein Pavier, Zander Joubert, Martin Visser, Lohan Wolvaardt, Franco van Niekerk.

  AUTHOR
Wouter Pienaar
Sport Journalist

Latest News

COMMENTS

Carletonville HeraldParys GazetteSedibeng SterVaal Weekblad
Top