Westvaal Potchefstroom verwelkom nuwe takbestuurder

Westvaal Potchefstroom het vroeër die maand ‘n heel nuwe toevoeging tot hul motorverkoopspan verwelkom. Charles Ueckermann is nou die nuwe takbestuurder en deel van die Westvaal familie.
Charles is al vir 17 jaar deel van die motorindustrie en behalwe vir sy in diepte kennis oor motors, het hy ook ‘n besondere passie daarvoor om met mense te werk.
Hy beskryf homself as ‘n mense-mens.
“Mense koop by mense en daarom is dit vir my belangrik dat my kliënte deel word van die Westvaal familie.”
Hy was vir sewe jaar die handelaarshoof by Volkswagen in Lydenburg en het ook vir sewe jaar by McCarthy Volkswagen in Umhlanga gewerk, dus is sy skuif na Westvaal ‘n heel nuwe hoofstuk in sy lewe, wat gepaard gaan met baie opwinding en nuwe uitdagings.
“Ek gaan nou te doen hê met ‘n ander produk en ook ander tipe kliënte.”
Vir hom is kliëntediens die belangrikste en hy nooi Westvaal se ou kliënte uit om met voorstelle vir verbetering te kom.
“My deur is oop vir enige iemand en ek verwelkom advies vir waar ons kan verander of verbeter.”
Charles sê dat sy beroep gebou is op goeie verhoudings en eerlikheid tussen hom en sy kliënte.
Hy bied ook altyd eerlike advies om ‘n kliënt te help om die regte besluite te neem as dit kom by die koop en finansiering van ‘n voertuig.
Westvaal se werkswinkel is ook altyd oop om kliënte van tegniese advies te voorsien. Indien jy belangstel om die eienaar van ‘n splinternuwe Opel, Isuzu of Chevrolet te word, is Charles die man om mee te gesels.
“Daar is geen gevoel so opwindend soos om ‘n gelukkige kliënt te sien wegry met ‘n splinternuwe motor nie.”
Kom verwelkom Charles Ueckermann by Westvaal Potchefstroom by Nelson Mandelaweg 23.
Charles kan ook by 082 456 5006 of (018) 297 7744 gekontak word, of stuur ‘n e-pos aan charlesu@westvaal.co.za.
“Ons voel baie welkom in Potchefstroom en kan nie wag om nuwe vriende met ons kliënte te maak nie,” sê hy. Charles is baie opgewonde dat die Opel Astra die 2017 Kar van die jaar is en dat Isuzu die jaar hulle 80 ste verjaarsdag vier.

  AUTHOR
Marianke Saayman
Journalist

Latest News

COMMENTS

Carletonville HeraldParys GazetteSedibeng SterVaal Weekblad
Top