…"/>

Simbine is SA se spoedkoning

Akani Simbine (links) klop Wayde van Niekerk en Thando Roto in 'n blitsvinnige 100 meter wedloop in Potch vanaand. Foto: Selogile Leshage.
Akani Simbine (links) klop Wayde van Niekerk en Thando Roto in 'n blitsvinnige 100 meter wedloop in Potch vanaand. Foto: Selogile Leshage.

Na maande se intense verwagting is die SA Nasionale 100 meter manskampioen in slegs 9.95 sekondes bekroon.

In een van die grootste en vinnigste 100 meter wedlope op SA bodem het Akani Simbine sy staal bewys teen groot kannone soos Wayde van Niekerk, Henrico Bruintjies, Thando Roto in ‘n naelbyt-wedloop, wat enige kant toe kon gaan, geklop.

Van Niekerk en Roto was gelyk in tweede plek in ‘n tyd van 10.04 sekondes.

Die skare het behoorlik gejuig toe die afsitter die wedloop met ‘n klipharde skoot begin het. Die wedloop was self ook net so kliphard met elke spoedvraat wat tree vir tree bo sy teenstander wou uittroon.

Op die ou einde het Simbine koning gekraai en bewys dat hy die vinnigste in SA is.

  AUTHOR
Wouter Pienaar
Sport Journalist

Latest News

COMMENTS

Carletonville HeraldParys GazetteSedibeng SterVaal Weekblad
Top