…"/>

Noordwes, tuis bes: Plaaslike atlete skitter by SA’s

Caster Semenya in aksie. Foto: Mario van de Wall
Caster Semenya in aksie. Foto: Mario van de Wall

Na afloop van die 2017 Nasionale Senior Atletiekkampioenskappe kan daar nou geen twyfel bestaan dat Atletiek Sentraal Noordwes se atlete van die land se bestes is nie.

Op tuisbodem het dié plaaslike atlete hulle beste voetjie voorgesit en ‘n gesamentlike medaljeoes van 22 medaljes behaal. Dié versameling van 10 goue-, 6 silwer- en 6 bronsmedaljes plaas ASNW in die tweede plek algeheel, met Atletiek Gauteng-Noord wat ‘n eerste plek met 43 medaljes behaal. Vrystaat is derde met ‘n totaal van 17 medaljes, wat 8 goues insluit.

20170421 Beeld Media 24ASA Senior atletiek in Potchefstroom.Caster Semenya wins the 400m for woman .photo Mario van de Wall

Die 400 meter atleet, Pieter Conradie, het sy eie verwagtinge oortref toe hy die IAAF standaarde vir die Wêreldatletiek-kampioenskappe met ‘n blitsvinnige tyd van 45.15 behaal het. Sodoende het hy sy vorige persoonlike beste van 45.75 verbeter en met goud om sy nek op die podium gestaan.

“Dit was ongelooflik. Ek het nie gedink ek kon so ’n vinnige tyd hol nie. Die ander atlete het ook gehelp met ’n vinnige spoed, so ek moes my alles gee. Ek sien baie uit na die jaar wat voorlê,” het Conradie genoem.

Op spiesgooi gebied het Terseus Liebenberg se dames weer gedomineer met al drie podium plekke wat na ASNW se kant toe gaan. Sunette Viljoen wen met ’n afstand van 63.49. Jo-Ané van Dyk is tweede met 52.72 en Megan Wilke vat brons met 48.98.

In een van die groot skokke het die jong Thabang Mosiako van ASNW die wedloop van sy lewe gehad om die 5000 meter gunsteling, Elroy Gelant te onttroon. Gelant het wel die volgende dag daarvoor opgemaak met ‘n oortuigende oorwinning in die 10 000 meter-item wat hom goud in ‘n tyd van 29:09.87 besorg het.

“Die 10 000 het baie goed gegaan. Dit was ’n opmaak vir gister se 5 000 meter gewees en ek het die 10 000 eintlik baie geniet en ek het gevoel as atleet wil ek myself bewys.

“Alles is op dreef vir die Europsese atletiekseisoen wat op pad is,” het Gelant na sy oorwinning gesê.

Die 19-jarige Joné Kruger het slegs ’n week na haar verjaarsdag nog ’n lekker geskenk in die vorm van ’n goue medalje in die vroue o.20 sewekamp verkry. Julia du Plessis het ook weer eens in die vroue hoogspring geskitter en is nou die SA-kampioen met ’n sprong van 1.85 meter.

Noordwes se 3 000 meter hindernis spesialiste, Rantso Mokopane en Dikotsi Lekopa het ook weer behoorlik gedomineer en Makopane was die voorbok nadat hy Lekopa in die laaste 800 meter agtergelaat het. “My droom het waar geword,” het Mokopane na die wedloop gesê.

“Die stadsraad het aand na aand gewerk om die fasiliteite reg te kry. Daar het baie harde werk ingegaan. Mnr. Cyril Henry, verbonde aan sport, kuns en kultuur by die stadsraad moet veral bedank word,” het Richardo Ellis, ASNW se stadionbestuurder, genoem.

Foto’s: Mario van de Wall and Selogile Leshage

  AUTHOR
Wouter Pienaar
Sport Journalist

Latest News

COMMENTS

Carletonville HeraldParys GazetteSedibeng SterVaal Weekblad
Top