…"/>

Die samelewing en jou fenominale altyd dansende, huppelende denker-kind…

Adele Botha - Leefstyl konsultant

Riglyne vir sosiaal-aanvaarbare gedrag word wetenskaplik bepaal en verrig verskeie noodsaaklike funksies in ons samelewing.
Dit is ons verantwoordelikheid om op ‘n konsensieuse, konstruktief bydraende wyse en in harmonie met ander en ons omgewing te leef.

Die probleem is egter dat hierdie riglyne mettertyd disproporsioneel en onoordeelkundig aangevul is deur verwronge individuele persepsies, wat die merkwaardige uniekheid van mense inhibeer.

Talle individue beleef daaglikse angs, spanning en depressie, vanweë konformasie-druk, om “agter-die-hand-fluisterings” en “hemelwaarts-geligte-wenkbrou-kyke” te vermy en aan ander se standaarde, persepsies en verwagtinge te voldoen. Vervolgens is jou kind stout, ontwrigtend, woelig, luister en konsentreer nie, stadig… en siedaar… jou kind word geëtiketeer en gestigmatiseer en het “verseker” AGHS. Regtig? Jou kind is briljant, het onontginde talente en besit die vermoë om sy/haar volle potensiaal, m.b.v. korrekte terapeutiese benadering in die lewe te bereik.

Dit is verseker nie maklik nie en die ervaring daarvan kan wissel tussen ‘n rit in ‘n volspoed Ferrari op ‘n besige snelweg, tot ‘n 4×4 roete in die wilde gramadoelas.

Die geheim wat egter sin en betekenis aan die rit gee, is die ingeligtheid, positiewe ingesteldheid, vaardighede en bestuursvernuf van die verantwoordelike volwassene. Die variërende intensiteit en spektrum van AGHS-simptome kan oorweldigend en uitdagend wees, wat gevolglik tot ‘n moontlik oorhaastige kliniese diagnose en medikasie vir gedeeltelike simptomatiese verligting kan lei. Onlangse navorsingsbevindinge en organisasies soos, CDC (Center for Disease Control and Prevention) en AAP (American Academy of Pediatrics), beveel aan dat kognitiewe gedragsterapie, sover moontlik, die eerste vorm van AGHS behandeling in jong kinders moet wees.

AGHS is ‘n kroniese werklikheid en die pro-aktiewe aanleer van kritiese vaardighede, om simptome te bestuur, kan tot volhoubare, langtermyn en positiewe uitkomste vir alle betrokkenes lei. Aktiewe, positiewe betrokkenheid en konstante leiding kan aspekte soos self-regulasie, kognitiewe funksies, emosies en konsentrasievermoë, d.m.v doelgerigte, innoverende en prettige aktiwiteite bevorder.

•Probeer vir die volgende twee weke hierdie eenvoudige, praktiese “mindfulness” aktiwiteit vir 3-6 jariges. In die motor op pad skool toe (radio afgeskakel), maak kinders hul oë toe en maak hul lyfies 3x van kop tot toon propvol asem en dan weer dolleeg soos ‘n pap ballon.

Om die beurt, met toe oë, noem hulle in hul sagste stemme wat hul op daardie oomblik met hul ander sintuie waarneem bv. voel, hoor en ruik. Dit mag dalk ontaard in reuse laguitbarstings en aanvanklike teësinnigheid. Wees geduldig en gee hul ‘n paar dae om daaraan gewoond te raak, waarna jy verseker rustiger en gelukkiger kinders by die skool gaan aflaai.
Stuur gerus ‘n e-pos na born2bmore101@gmail.com, met jou vrae of voorstelle en gesels saam oor aktuele psigiese- en sosiale aspekte.

Latest News

COMMENTS

Carletonville HeraldParys GazetteSedibeng SterVaal Weekblad
Top