Goedheid van die aarde: Alles wat jy moet weet oor Aandag-gebrek-hiperaktiwiteitsindroom (AGHS)

acqualine Human - Gemeenskapsapteker
acqualine Human - Gemeenskapsapteker

Wat is AGHS?

Dit is ‘n kondisie wat tipies manifesteer in kinders in hulle vroeë skooljare, en word meer algemeen by seuns waargeneem. Hierdie kinders het deurgaans ‘n probleem om hulle eie gedrag te beheer en sukkel om vir ‘n langer tydperk op een ding te fokus. AGHS word gediagnoseer met deurgaanse tekens van aandag-afleibaarheid, hiperaktiwiteit en oormatige impulsiwiteit.

Wat veroorsaak AGHS?

Brein aktiwiteit, brein chemie en genetiese predisposisie is geïdentifiseer as faktore wat hiertoe bydra. Navorsers ondersoek ander bydraende faktore insluitend omgewingsbesoedeling, preserveermiddels in kos, allergieë en nutrient tekorte. ‘n Dieet hoog in suiker kan ‘n tekort aan B-vitamines, magnesium en sink in die liggaam veroorsaak.

Hipersensitiwiteitsreaksies tot sekere kosse en kleurstowwe kan lei tot sommige van die fisiese- en gedrag- simptome gesien in AGHS.
Konvensionele behandeling fokus op gedragsterapie en voorskrifmiddels soos Ritalin, Concerta en Strattera. Nadele van voorskrifmiddels lê by die lang lys newe-effekte, waaronder slaaploosheid, droë mond, maagpyn, hoofpyn, angstigheid, duiseligheid, gemoedsteurnisse, verhoging in bloeddruk en harttempo, sowel as langtermyn visie steurnisse. Onderdrukking van normale groei in kinders is ‘n groot rede vir kommer met die langtermyn gebruik van stimulante.

Daar is wel natuurlike alternatiewe tot voorskrifmiddels vir AGHS. Gereelde etes en ‘n dieet laag in verfynde kosse is essensieel vir behoorlike breinfunksie. Kosse wat ryk is in essensiële vetsure soos salm en sardiens promoveer beter breinfunksie. Ander bronne sluit neute, pampoensade en flassaad in.

Kliniese studies het getoon dat sintetiese kleurstowwe en preserveermiddels lei tot ‘n afname in aandag retensie en toename in hiperaktiwiteit. Dit is dus beter om kos so na as moontlik in die natuurlike vorm te eet.

Alternatiewelik kan daar gekyk word na verskillende aanvullings wat ‘n positiewe effek op breinfunksie en aandagretensie het. Visolie bevat essensiële olies nodig vir optimale breinfunksie, fokus en gemoed. ‘n Volledige voedselgebaseerde multivitamine wat onder andere sink, kalsium en magnesium bevat bied ondersteuning vir die liggaam se senuweestelsel sodat die brein optimaal kan funksioneer. Ten slotte, daar is verskeie faktore en nutriënt tekorte wat bydra tot die simptome van AGHS en voorskrifmiddels hoef nie die eerste opsie te wees nie. Vir addisionele inligting stuur ‘n e-pos na jjosling@gmail.com

Latest News

COMMENTS

Carletonville HeraldParys GazetteSedibeng SterVaal Weekblad
Top