…"/>

SA Rugby League op pad na Statebondspele

Rugby League Suid-Afrika is uitgenooi om in 2018 aan die o.23- Rugby League-toernooi by die Statebondspele wat in Februarie in Australië plaasvind, deel te neem.

Dit is ‘n groot geleentheid vir Leaguespelers in Noordwes of spelers wat die spel vinnig onder die knie kan kry, om  die span te haal en daardeur ‘n groen en goud baadjie te verwerf. Die neges-kompetisie is soortgelyk aan sewes.

Jan Prinsloo, waarnemende voorsitter van SA League in Noordwes, sê die toer is nou in die beplanningsfase en borge vir die toer word genader om te verseker dat spelers wat die SA span haal, geen toerkostes sal hê nie. Die Afrigtingspan vir hierdie groen en goud geleentheid is besig om ‘n opname te maak van spelers in Noordwes wat in aanmerking wil kom.

Rugbyspelers wat belangstel kan regstreeks met Prinsloo in verbinding tree by 073 963 7021 of per e-pos; thuso17@gmail.com of met Pieter Jordaan van Potchefstroom Dorp Rugby Klub of regstreeks met die neges-afrigter, Drikkies Mulder by 092 9030 by e-pos by; drikkie@vodamail.co.za

‘n Inligtingsessie vind later in Potchefstroom plaas.

“Potchefstroom Dorp het verlede jaar met sterk spanne afgereken en die sterk universiteitespan van Libanon het kwaai pakslae gekry op Potch Dorp se velde. Potch Dorp beskik oor goeie spelers en as daar jongmanne by NWU is wat hand wil opsteek, dan is hulle meer as welkom,” sê Jan, wat verlede jaar deur SARL Raad gevra is om as voorsitter vir Noordwes waar te neem na Wimpie Jacobs se bedanking.

Latest News

COMMENTS

Carletonville HeraldParys GazetteSedibeng SterVaal Weekblad
Top