Pukki Talentfees 2017 lewer top talent op

Foto: Zoe photography
Foto: Zoe photography

Die 34ste Pukki Talentfees is Donderdag en Vrydagaand (11 en 12 Mei) op die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit gehou.

Lizz Meiring het albei aande as seremoniemeester opgetree voor ‘n lewendige en entoesiastiese gehoor in die Sanlam-Ouditorium, en die talent van die NWU Potchefstroomkampus het niemand teleurgestel nie.

Mynie Grové, bekende kunstenaar en liedjieskrywer was een van die beoordelaars en was baie beïndruk met die studentetalent en die lewendige orkes. Stefan Enslin,voormalige student van die NWU en bekende filmmaker van films soos Strikdas en Nul is nie niks nie, was verstom oor die standaard van elke item, die groot verskeidenheid talent en het die beoordeling ‘n groot kopseer veroorsaak om met so ‘n hoë standaard tussen die deelnemers en wenners te kon kies.  Die ander beoordelaars was Nkosinati Tom, Louis Nigrini en Rochelle Langford.

Een van die hoogtepunte op die program was die personeelkategorie waar personeel van die universiteit gewys het dat hulle die planke kan warm sing en dans. Constant van Graan, ‘n dosent in Forensiese Rekenmeesterskap, het die afdeling gewen met die treffer Loliwe van Zahara en Gregory Sekobotsane wat by die Institusionele kantoor werk, was in die tweede plek met ‘n Samba, Cola cha-cha.

Wenners van die aand sluit in:

Vise-Kanselierstrofee van die Skeppende afdeling, asook Kuns- en Ontwerpkategorie – Gretchen Crots

Rektorstrofee van die Kontemporêre afdeling, asook Kontemporêre Sangkategorie: Solo – Aobakwe Gwendeline Sehoole

Rekktorstrofee van die Klassieke afdeling, asook Klassieke Vokaal: solo – Sibusiso Simelane

Klassiek:Instrumentaal – Ruan Kruyshaar

Klassiek: Duette – Samkelisiwe Sitshinga en Tshegofatso Letokwe

Oorspronkline Komposisie – Jesse Harvey

Toneel/Vertolking – Carla Horn

Oorspronklike Skryfkuns – Ernest Else

Dans- DM de Kock en Doné Greyling

Akoestiese Musiekgroepe – Glimpse

Oop Kategorie – G-Town Boys

Kontemprêre Sang: Duet/Trio – Three

Protea Boekwinkelprys – Ernest Else

ATKV-Prys vir die mees belowende kunstenaar –Percy Mkhonto

Studenteraadsprys – Majo Rademeyer

Percy Mkhonto wen die ATKV- prys vir mees belowende kunstenaar en wen 'n naweek vir ses by enige ATKV-vakansieoord. Op die foto, Jaco van der Walt, Direkteur: PUK-Kunste, LeRoux Malan, Organiseerder van die Pukki Talentfees en PUKKI. Foto: Zoe photography

Percy Mkhonto wen die ATKV- prys vir mees belowende kunstenaar en wen ‘n naweek vir ses by enige ATKV-vakansieoord. Op die foto, Jaco van der Walt, Direkteur: PUK-Kunste, LeRoux Malan, Organiseerder van die Pukki Talentfees en PUKKI. Foto: Zoe photography

Constant van Graan wen die personeelkategorie. Foto: Zoe photography

Constant van Graan wen die personeelkategorie. Foto: Zoe photography

Pukki, Jaco van der Walt, Direkteur:Puk-Kunste, Sibusiso Simelane wenner van die Klassieke afdeling en Rektorstrofee, Prof. Fika Janse van Rensburg Rektor van die NWU-Potchefstroomkampus. Foto: Zoe photography

Pukki, Jaco van der Walt, Direkteur:Puk-Kunste, Sibusiso Simelane wenner van die Klassieke afdeling en Rektorstrofee, Prof. Fika Janse van Rensburg Rektor van die NWU-Potchefstroomkampus. Foto: Zoe photography

Hier is nog foto’s (foto’s: Marianke Saayman):

  AUTHOR
Marianke Saayman
Journalist

Latest News

COMMENTS

Carletonville HeraldParys GazetteSedibeng SterVaal Weekblad
Top