…"/>

Volkies se eerste rugbyspan val vas teen KHS, Gimmies oorwin vir Wesvalia

Duardt Snyman van Volkies in aksie teen KHS in die eerste rondte van vanjaar se Noordwes Rugbyliga.
Duardt Snyman van Volkies in aksie teen KHS in die eerste rondte van vanjaar se Noordwes Rugbyliga. Foto: Maritha van Zyl

Dit is weer tyd vir die Noordwesliga waar die provinsie se beste rugbyskole teen mekaar meeding vir ‘n plek in die Noordvaal Virseker-trofee.
Natuurlik sal die wenspan in dié Noordwesliga ook die Jacob Wilkens-trofee lig.
Hoërskool Lichtenburg is die huidige kampioene. In die eerste rondte vanjaar het Potchefstroom Gimnasium teen Hoërskool Wesvalia te staan gekom terwyl Hoër Volkskool Potchefstroom vir Hoërskool Klerksdorp aangepak het. Gimmies se eerstespan het 21-17 gewen terwyl Volkies met 18-24 teen KHS verloor het.
Dagboek solank nou al jou kalender vir 27 Mei wanneer Volkies en Gimmies in die tradisionele FNB Classic Clash gaan slaags raak.
Gimmies se uitslae teen Wesvalia op Maandag 15 Mei was as volg:
•1ste wen 21-17
•2de wen 19-12
•3de wen 27-0
•4de kry punte
•o.16A verloor 17-43
•o.16B verloor 0-34
•o.15A verloor 14-21
•o.15B wen 26-12
•o.14A wen 7-0
•o.14B verloor 0-29

Foto’s: Maritha van Zyl


Volkies se uitslae teen KHS op Saterdag 13 Mei:
Eerstes verloor 18-24
Tweedes wen 17-6
Derdes wen 12-7
o.16 B wen 21-12
o.16 A verloor 19-29
o.15 B verloor 12-17
o.15 A verloor 0-35
o.14 B wen 17-5
o.14 A wen 26-19

  AUTHOR
Wouter Pienaar
Sport Journalist

Latest News

COMMENTS

Carletonville HeraldParys GazetteSedibeng SterVaal Weekblad
Top