Uit my dagboek: Pappa se kind: Mammas verdien Moedersdag

Ek het die verlede naweek opnuut besef waarom Moedersdag ingestel is.
‘n Deel van my vrou se Moedersdag geskenk was dat sy saam met haar sussies die Justin Bieber konsert gaan kyk het. Die konsert was eers Sondagaand, maar sy is al Saterdagmiddag na haar sussie in Johannesburg. Bloot net sodat dit ’n behoorlike kuier kon wees. Dit beteken dat pappa en Aiden die naweek vir hulle self gehad het.

Ek het gedink dit gaan heeltyd speeltyd wees, maar het weer besef hoeveel mammas doen wat nie raakgesien word nie, of net vanselfsprekend aanvaar word.
Daar is so baie “klein” dingetjies wat ’n mamma doen wat meestal ongesiens verby-gaan. In my geval het goed soos om seker te maak Aiden eet genoeg kos en nie te veel lek-kers nie, sy medisyne vir hom te gee, seker te maak dat hy homself nie oopskop terwyl hy slaap nie, om hom by die skool te gaan af-laai en dan weg te stap, al huil hy dat hy by jou wil bly en steeds betyds te wees vir werk.

Almal het ander goedjies wat hulle doen en die meeste pappas help waar hulle gevra word.
Ek pak Aiden se tas vir skool, maar tog het ek tyd om in die oggende by die huis my koffie klaar te drink, terwyl my vrou amper nooit haar koffie klaar drink nie. Ek het altyd gewonder hoekom sy dit nie doen nie, maar het besef daar is bloot nie genoeg tyd nie. Ek kon Maandagog-gend nie eens ’n koppie koffie drink nie, daar was net nie tyd nie.
Een dag is die minste wat ons vir ons mam-mas kan afstaan, nie net sodat hulle kan rus nie, maar ook dat ons hulle bedank en erkenning gee vir alles wat hulle doen sonder dat ons vra.

  AUTHOR
Dustin Wetdewich
Journalist

Latest News

COMMENTS

Carletonville HeraldParys GazetteSedibeng SterVaal Weekblad
Top