Potch het talent – Kinderkoor fees vermaak

Lang Piet

Ek herhaal,  POTCH HET TALENT en dit is weereens bewys tydens die jaarlikse Kinderkoor Fees waar die Miederpark NG Kerk gebou vol gepak was sodat aanhangers tot buite gestaan en luister het. Ja dit was wel mammies en pappies,  maar meeste van hulle was buite besig om verversings voor te berei.

Die fees word gereël deur entosiastiese mammies wie se harde werk fondse genereer ten bate van die Noordwes Kinderkoor se organisasie en toerprogram. Dis dan ook hulle wat self die groot taak op hul skouers dra van die organisasie en administrasie van die Koor.  Dit sluit in reëlings vir reis na verskillende groot sentra vir oudisies en die byeenbring van die gekeurde sangertjies vir oefening. Maar die opoffering van pappies en mammies om kinders woorde te leer, koordrag gereed te kry en te vervoer om te verseker dat hulle weekliks by die oefensessies is moet nie gering geskat word nie.  ‘n Veeleisende taak ter wille van hul kinders se vreugde om deel te wees van ‘n prestige koor.

Die ander kant van die harde werk lê dan ook by die afrigters en organiseerders – afsprake, liedkeuses,  inoefening en klankkwaliteit,  ens.  ens.. Maar dit strek soveel verder want die voedingsbron van die Kinderkoor is die plaaslike kore waar ouers se rol en toewyding soortgelyk is. Die skoolkore se koorleiers en begeleiers verdien ook besondere erkenning vir die uitstaande kwaliteit van koorsang. Dit was ‘n vreugdevolle belewenis om die puik sang en ritmiese bewegings te hoor en sien.

Die deelnemende kore was:

Mooirivier Laerskool Senior koor, Mooirivier Laerskool Junior koor, ML Fick laerskool Senior Koor, Central Primary School Choir and the Choir of Girls High

Die Kinderkoor onder die bekwame leiding van Christelle Engelbrecht en Nkosinathi Tom met begeleier Ruan Kruyshaar was die laaste item voordat die MASSA kinders met soveel genot saamgesing het aan ” Can’t stop the feeling ” by Justin Timberlake

Die liedkeuse van die kore was nogal interessant met heelwat inheemse musiek maar hoofsaaklik kunsliedere en goeie verwerkings van bekende volkswysies. Die KLANK KWALITEIT was verstommend en die harmonië suiwer. En dit van 7 tot 18 jariges!!! Ook die ritmiese bewegings was deurgaans  goed uitgevoer en besonder populêr  by  die gehoor.

Diegene aan die stuur, Elsje Kruger,  ouers van Potchefstroom onder leiding van Elma Orton en Sonet Brookes , verdien die hoogste lof en dank vir ‘n besonder genotvolle aand.  ‘n Mens besef net dat die kinders van vandag in goeie hande is en dat amateur sang soveel meer is as net ‘n tydverdryf.  Dit mag enige tyd kompeteer met die populariteit van sport.

Latest News

COMMENTS

Carletonville HeraldParys GazetteSedibeng SterVaal Weekblad
Top