Top 5 oomblikke van die Classic Clash

1.Gimmies se George van der Westhuizen lig die trofee met skitterspel

Leierskap is ‘n kernaspek van sport en om op die hoogtste vlak te kan kompeteer is ‘n goeie leier van kardinale belang. Saterdag het die Gimmie-kaptein en slot sy eerstespan na die Classic Clash-trofee met durf en daad gelei. Of dit nou in die lynstane of met bal in hand was, het hierdie matriekleerder vol fokus alles gegee. Met sulke vertonings lê daar nog baie sukses voor vir Van der Westhuizen.

  1. Eerstespan wys flair met bal in hand

‘n Groot faktor wat Gimmies se eerstespan die trofee laat verower het, was hulle aanvallende patrone wat ‘n klem op vaardighede met die bal in hand getoon het.

Keer op keer het die flanke spasie vir die agterspelers met hulle vinnige hande geskep. ‘n Goeie voorbeeld hiervan was toe Jaco Schoeman, Edrich Cronjé en Dirkie Louw die spasie vir Stephan Fourie oopmaak om in die hoekie die eerste drie van die wedstryd te gaan druk. Dit was juis die spoed met die bal in hand en vinnige aangee wat George van der Westhuizen deur die gaping laat gaan het om ongedeerd Gimmies se vierde drie te gaan druk – 24-3 en die hart is uit Volkies se ribbekas geruk.

Kyk hier vir foto’s van die tweede span se wedstryd:

  1. Netbaldogters maak Volkies se naweek blou op die baan

Gimmies kan besonder trots wees op hulle netbalspanne met geen A-span wat ’n wedstryde teen Volkies verloor het nie, terwyl die o.16-A-span in ‘n naelbytstryd 22-elk behaal het. Die eerstespan se oorwinning was stroopsoet gewees en ‘n algehele spanpoging en ‘ons-speel-vir-mekaar dinamiek was deurslaggewend. Gimmies se o.17-A span was ook veral kookwater met ‘n 32-5 loesing. Hou gerus ‘n ogie oor dié span wat heel moontlik weer Gimmies se naam volgende jaar sal hoog hou.

4.Ondersteuners jubel en juig

Natuurlik was die belangstelling in hierdie jaarlikse derby tussen die twee skole weer besonder treffend gewees. Nie net hoe die leerders met geverfde gesigte, baniere en skoolkrete hulle lojaliteit bewys het nie, maar ook hoe oud-Volkies en Gimmies hulle verskyning gemaak het.

Dit was ‘n atmosfeer soos min waar oud en jonk skoletrots bestempel het. Skolesport is beslis springlewendig in Potchefstroom.

  1. Sportmansgees seëvier

Op die velde en bane word daar nie ‘n sentimeter vir die ander span gegun nie, maar as die eindfluitjie blaas is daar meters respek vir mekaar. Iets wat opvallend was die naweek was hoe dié rooi en blou teenstanders mekaar ‘n stewige handdruk of ‘n drukkie sou gee. Geen bakleiery nie – net die blydskap om die beste uit mekaar te bring en daarna die stories te kan vertel.

 

  AUTHOR
Wouter Pienaar
Sport Journalist

Latest News

COMMENTS

Carletonville HeraldParys GazetteSedibeng SterVaal Weekblad
Top