…"/>

Waterbesparing

Dag sê al die maters.

 

O ons het die afgelope paar somer maande lieflike reën gehad. Ek weet dis nie altyd vir julle so lekker nie, want dan kan julle nie buite speel nie. Maar outjies, ons wêreld het elke druppel nodig. As dit reën, loop die water met riviere na die damme toe. Van daardie damme gebruik ons as opgaardamme en van daar af word die water behandel en skoon gemaak sodat dit veilig is om te drink. Al die goggas en goeters word uitgehaal. Ek hou ook nie van goggas in my drink water nie. Van die opgaardamme af word die water deur groot pype gelei na ons huise toe. Die groot pype vertak dan in kleiner pype en so kom dit by die krane uit. Elke huis het ‘n hoofkraan wat toegedraai kan word indien ‘n loodgieter aan die huis se water pype moet werk. ‘n Loodgieter is ‘n baie slim persoon wat wat huise se waterpype en geysers kan werk sonder om aan te jaag. Gaan vra bietjie vir mamma of pappa waar julle huis se hoofkraan sit.

Onthou julle hoe droog dit was so ‘n tydjie gelede. Ag ons arme boere het so swaar gekry, want as dit nie reën nie, is daar nie water vir die landerye of die plaasdiere nie.  En onthou beeste en skape eet mos bossies in die veld en die bossies kan ook nie groei as dit nie gereen het nie. Tydens so ‘n droogte word daar waterbeperkings ingestel. Dit beteken dat elke huis net ‘n sekere hoeveelheid water mag gebruik. Tuine mag net op sekere dae natgelei. My skottels het al opgetel dat daar grootmense is wat nie luister nie. Net soos wat daar kinders is wat nie luister nie en ongehoorsaam is, is daar grootmense wat ook stout is. Julle moet hulle maar reghelp ek kom nie daarby uit om almal se boude te byt nie. Ons moet ons water spaarsamig gebruik en julle moet my help om dit vir die mense te leer. Ek lees hoeka in laas week se koerant dat die kostes om water te gebruik, gaan styg. Kom ons sit bietjie koppe bymekaar en dink hoe kan ons water spaar…

 

‘n Paar maniere waaraan ek kan dink is die volgende..

Gebruik minder water om mee te bad

Wees gehoorsaam aan waterbeperkings ten op sigte van tuin nat maak

Moenie die kraan laat loop terwyl jy tandeborsel nie

En as dit reën, probeer so veel as moontlik water in emmers op vang wat julle later vir die plante kan gee.  Plante waardeer altyd ‘n bietjie vars reënwater

 

Dink bietjie hoe kan julle nog water by die huis spaar.

 

Hoop julle het almal ‘n skottelende week

 

Tot n volgende keer

Skottels

 

Latest News

COMMENTS

Carletonville HeraldParys GazetteSedibeng SterVaal Weekblad
Top