…"/>

NWU-Junior Swemklub vereer hulle presteerders

Die NWU-Junior Swemklub het onlangs hul algemene jaarvergadering en prysuitdelingseremonie gehou. Alle swemmers van die klub het sertifikate van erkenning ontvang, insluitend diegene wat die “Learn-to-Swim”-program volg of stylafrigting ontvang, asook die groot groep gala-swemmers.

Swemmers wat spesiale toekennings en trofeë vir besondere prestasies ontvang het, is: Lionel Moss (beste junior seun), Amori Potgieter (beste junior dogter), Reynard Rossouw (beste senior seun) en Alyssa Norman (beste senior dogter). Wiehann Kock was die beste swemmer in die ope-afdeling (studente en volwassenes) en Van Zyl Brand die algeheel beste swemmer van die klub. Francois Goosen het as nuweling galaswemmer die wisseltrofeë ontvang vir beste tye verbeter en Lionel Moss was ook die swemmers se keuse as swemmer van die jaar.

Swemmers wat op Swem SA se Top 10 en Top 20 ranglyste verskyn, het ook spesiale toekennings ontvang, naamlik Tiaan en Reynard Rossouw (Top 20) asook Sumè du Preez, Retief Esterhuizen en Janco Uys (Top 10). Afrigter Willie Scheepers, wat vanjaar vir die 14de agtervolgende jaar vir die SA Nasionale Kampioenskappe gekwalifiseer het sedert 2003, se naam verskyn ook steeds onder die Top 10 en Top 20 rangorde van Swem SA in verskeie items.

Dié spoggeleentheid is met ‘n gesellige spitbraai afgesluit en swemmers en ouers het tot laatnag gekuier.

Die klub berei reeds volstoom voor vir die nuwe seisoen by die verhitte swembad van Potchefstroom Girls’ High.

Latest News

COMMENTS

Carletonville HeraldParys GazetteSedibeng SterVaal Weekblad
Top