Herald presteer in nasionale kompetisie

Die Herald is Vrydag 23 Junie by die Forum vir Gemeenskapsjoernaliste (FCJ) se jaarlikse toekenningsfunksie aangewys as naaswenner in die kategorie Beste Koerant in die sirkulasiegroep tot en met 10 000. Dit is ook bekend as die Hultzer-toekenning.
Benewens hierdie toekenning het al die joernaliste van die Herald toekennings in verskeie skryf- en fotografie-kategorieë ontvang.
Wouter Pienaar is aangewys as naaswenner in die kategorie as beste sportskrywer.
Selogile Leshage het ’n derde plek verower in die algemene nuusfoto’s-kategorie. Leshage was ook ’n finalis vir skryfwerk in die kategorie: Menslike nuus. Die Herald se misdaadjoernalis, Dustin Wetdewich, was ’n finalis in twee kategorieë: Harde nuus skrywer van die jaar en ondersoekende joernalis van die jaar.
Marianke Saayman, die Herald se gemeenskapsjoernalis, was ’n finalis in drie kategorieë: Menslike nuus, die kategorie vir die skryf van opskrifte en sy was ook onder die top 5 finaliste vir die Alet Roux-toekenning, wat oorhandig word aan die beste nuweling in joernalistiek.
Die Herald se redakteur, Hennie Stander, was ’n finalis in die kategorie: Redaksionele kommentaar. Hy is een van die top agt in die land.
Adéle Louw, joernalis van die Carletonville Herald, susterskoerant van die Potchefstroom Herald, was ’n finalis in die fotografie-kategorieë vir beste nuusfoto sowel as beste algemene foto.
Die doel van die kompetisie is om gemeenskapskoerante en joernaliste te vereer vir uitstaande werk en die rol wat hulle in die gemeenskap speel.
Joernaliste van nog ’n susterskoerant van die Herald, die Vaalweekblad in die Vaaldriehoek, het ook verskeie toekennings ontvang.

  AUTHOR
Marianke Saayman
Journalist

Latest News

COMMENTS

Carletonville HeraldParys GazetteSedibeng SterVaal Weekblad
Top