…"/>

Agriworks Landbou Ekspo eersdaags terug in Potch

Die jaarlikse Agriworks Landbou Ekspo word weer vanjaar in Potchefstroom aangebied en word op Vrydag 28 en Saterdag 29 Julie by die Trimpark agter Mooirivier Mall gehou.
Boere van die omgewing word genooi om die nuutste landbou implemente, toerusting en dienste te kom besigtig en gebruik te maak van die spesiale ekspo-pryse en aanbiedinge.
Die publiek is ook welkom en almal word genooi om die feestelike atmosfeer te kom geniet met lekker musiek, interessante uitstallings en heerlike eet- en drinkgoed. Vanjaar se hoogtepunte sluit in die nuutste landbou implemente, die Agriwoks landbou seminaar vir suksesvolle boere (Vrydag 28 Julie vanaf 10:00 tot middagete), ’n boerboelskou en evaluering deur SABBS (Saterdag 29 Julie), asook ’n gemeenskapsmark met plaaslike kuns- en handewerk (Saterdag 29 Julie). Die ekspo bied ook vermaak, musiek, drink- en eetgoedstalletjies. Dit sal daagliks oop wees van 09:00 tot 17:00. Toegang beloop R20 per persoon en kinders onder 18 kom gratis. Kaartjies is op die dag by die hekke beskikbaar. Veilige parkering word ook voorsien. Ondernemings wat belangstel om hul produkte en dienste uit te stal, kan hul staanplekke bespreek.
Besoek www.agriworks.co.za of skakel die organiseerder, CADEK Media, by 021 854 4700.

Latest News

COMMENTS

Carletonville HeraldParys GazetteSedibeng SterVaal Weekblad
Top