…"/>

Pukke wys Tukkies wie is baas in groot USSA netbalstryd

In ‘n opwindende en naelbyt wipwa-wedstryd het NWU-Pukke se eerste netbalspan met ‘n welverdiende 42-39 oorwinning teen die verdedigende USSA-kampioene, Tukkies, vandag (4 Julie) van die baan gestap.

Pukke het in hierdie Superliga wedstryd in die 2017 USSA Kampioenskappe op die Fanie du Toit Sportgronde, meerendeels voorgeloop en het die wedstryd beheer net voor die einde van die derde kwart.

Pukke het 20-18 teen halftyd voorgeloop, maar aan die begin van die tweede helfte het Tukkies van Pukke se verspeelde kanse gebruik gemaak om die telling gelyk na 24-elk te bring.

Dit is hier waar die tuisspan ‘n ekstra rat gekry het en behoorlik die hef in eie hand begin neem het om 32-26 voor te loop met 15 minute speeltyd oor. Veral Romé Dreyer (senter) en Maronel Scherman (hulpdoelverdediger) was uitstekend in die lug om balle van Tukkies af weg te raap. Die is ook hier in die tweede helfte waar Caitlinn Rousseau (doel) en Jessica du Plessis (hulpdoel) hul beste gelewer het met puik doele vir Pukke op kritieke tye.

Pukke is tans onoorwonne nadat hulle vir NMMU (59-19) geklop het, teen Kovsies gelykop gespeel het (51-51) en nou vir Tuks (42-39) oorwin het.

Môre (Woensdag 5 Julie) lê Maties en UJ voor in twee harde wedstryde voor die halfeindrondtes Donderdag begin.

Foto’s: Wouter Pienaar

  AUTHOR
Wouter Pienaar
Sport Journalist

Latest News

COMMENTS

Carletonville HeraldParys GazetteSedibeng SterVaal Weekblad
Top