Schutte en Saayman nuwe ‘Oscar’ wenners

Die Noordwes-Universiteit (NWU) is opreg trots op sy twee nuwe wetenskap Oscar-wenners, proff Alta Schutte en Melville Saayman. Dié twee gerekende navorsers is Donderdagaand (29 Junie) deur die Nasionale Wetenskap en Tegnologieforum (NSTF) tydens ʼn spesiale gala-aand vir hulle bydraes tot hul onderskeie navorsingsvelde vereer.

Die toekennings is deur die Minister vir Wetenskap en Tegnologie, Me Naledi Pandor, aan hulle oorhandig. Sy is ook die beskermheer van die NSTF.

Die nasionale NSTF-South32 toekennings is die grootste wetenskap, ingenieurswese en tegnologie (SET) en innovering toekennings in Suid-Afrika. Dit staan bekend as die “Wetenskap Oscars” en is die eerste wetenskap-toekennings in die land wat fokus op die verspreiding van SET-inligting aan die publiek.

Prof Alta Schutte en Frikkie van Niekerk, adjunkvisekanselier: navorsing, innovasie en tegnologie, tydens die galageleentheid.

Schutte is die medewenner van die TW Kambule-NSTF-toekenning vir navorsing en die uitsette daarvan deur ’n individu oor ’n tydperk van tot 15 jaar nadat ’n PhD verwerf is. Sy is ’n professor in Fisiologie en word in die Suid-Afrikaanse Navorsingsleerstoel (SANLI) in die vroeë opsporing en voorkoming van kardiovaskulêre siekte in Suid-Afrika deur die Departement van Wetenskap en Tegnologie befonds. Die leerstoel word deur die Hipertensie in Afrika-navorsingspan (HART) by die Noordwes-Universiteit (NWU) gehuisves.

Schutte is ook die eenheidsdirekteur van die Mediese Navorsingsraad se buitemuurse eenheid vir hipertensie en kardiovaskulêre siekte.

Prof Melville Saayman.

Saayman is die wenner van die toekenning vir ’n lewenslange bydrae deur ’n individu oor ’n tydperk van vyftien jaar of langer, asook vir die spesiale jaarlikse tematoekenning vir Volhoubare Toerisme vir Ontwikkeling.

Hy is die direkteur van die Eenheid vir Toerismenavorsing in Ekonomiese Omgewings en die Samelewing (TREES).

Latest News

COMMENTS

Carletonville HeraldParys GazetteSedibeng SterVaal Weekblad
Top