Volkies se netbalmeester lê die tuig neer

Irene Seymore ontvang ‘n bos blomme na haar laaste Coke Netbaltoernooi. Saam met haar is haar man, Daan Seymore (oud-onderwyser van Volkies) en waarnemende hoof van Volkies, Gerhard Swart (links).
Irene Seymore ontvang ‘n bos blomme na haar laaste Coke Netbaltoernooi. Saam met haar is haar man, Daan Seymore (oud-onderwyser van Volkies) en waarnemende hoof van Volkies, Gerhard Swart (links).

As ‘n mens Irene Seymore se naam noem, dan spring netbal gewoonlik in jou kop en met goeie rede, aangesien dié geskiedenisonderwyseres en netbalafrigter van Hoër Volkskool Potchefstroom vir die afgelope 43 jaar skoolhou en vir haar geliefde sport leef.

Seymore is ‘n bekende gesig sedert 1991 by Volkies en danksy haar idee om destyds Noordwes Skole ‘n oefening teen Noordvaal opposisie te gee, het die uiters suksesvolle Coke Netbal-toernooi ontstaan. Vanjaar het 23 skole  van sewe provinsies in die land aan die toernooi deelgeneem.

“Dit is ongelooflik hoe hierdie toernooi gegroei het. Dit is wonderlik om die kwaliteit netbal te sien en goeie terugvoer te kry elke jaar. Net 23 spanne word genooi omdat ons heel moontlik andersins nie met die wedstryde sal klaarmaak nie! Skole uit die Wes-Kaap toon ook baie belangstelling, wat die toernooi net nog beter sal maak,” vertel Seymore met ‘n groot glimlag.

Irene Seymore ontvang ‘n bos blomme na haar laaste Coke Netbaltoernooi. Saam met haar is haar man, Daan Seymore (oud-onderwyser van Volkies) en waarnemende hoof van Volkies, Gerhard Swart (links).

Irene Seymore ontvang ‘n bos blomme na haar laaste Coke Netbaltoernooi. Saam met haar is haar man, Daan Seymore (oud-onderwyser van Volkies) en waarnemende hoof van Volkies, Gerhard Swart (links).

Vir die afgelope 21 jaar van die Coke Netbaltoernooi se bestaan is Irene Seymore, Karien van Helsdingen (Garsfontein) en Eleanor van Rensburg (Waterkloof) die enigste onderwysers/afrigters wat jaar na jaar die toernooi bygewoon het. Dit is hierdie samewerking en spanpoging wat Seymore beïndruk.

“Dit is werklik ‘n voorreg om saam met almal hier by Volkies te werk en sonder almal se hulp en bydrae sal dit nie die sukses wees wat dit is nie. Elke jaar streef ons na verbeterings,” vertel sy.

Ongelukkig vir Seymore is hierdie die laaste Coke Netbaltoernooi waar sy direk betrokke sal wees, aangesien sy in Maart 2018 amptelik aftree na ‘n leeftyd se diens in die onderwys.

“Dit is hartseer en ek gaan die kinders en die netbal baie mis. Tog sien ek uit om af te tree en meer tyd saam met Daan te bestee, vertel Seymore van haar man wat verlede jaar uit die onderwys getree het nadat hulle 37 jaar saam skoolgehou het.

Vir die afgelope 21 jaar van die Coke Netbaltoernooi se bestaan is Irene Seymore, Karien van Helsdingen (Garsfontein) en Eleanor van Rensburg (Waterkloof) die enigste onderwysers/afrigters wat jaar na jaar die Coke-toernooi bygewoon het

Vir die afgelope 21 jaar van die Coke Netbaltoernooi se bestaan is Irene Seymore, Karien van Helsdingen (Garsfontein) en Eleanor van Rensburg (Waterkloof) die enigste onderwysers/afrigters wat jaar na jaar die Coke-toernooi bygewoon het

“Die ergste vir my was om alleen skool toe te ry sonder hom. Ek het Daan op Koster ontmoet en van daar af loop ons paadjies saam in die onderwys. Sy ondersteuning en begrip het my ook baie deurgedra. Dit was nog altyd lekker dat ons albei mekaar se beroepe verstaan,” vertel sy.

“Interessant genoeg het ek by netbal betrokke geraak toe die hoof van Hoërskool Koster vir my gesê het dat ek netbal moet afrig. Hokkie was in daardie stadium my sport. So dit was ‘n leerproses.

“Die lekkerste vir my is om te sien hoe die kinders vorder en verbeter en in daardie tyd lewenswaardes leer. Op die netbalbaan leer hulle elke wedstryd en oefening en om daardie verbetering te sien is wonderlik. Ek sien dit ook baie in my geskiedenisklasse. Die kinders geniet dit vreeslik.”

Vir Seymore gaan netbal oor meer as net afrigting, maar om ‘n liefde vir die spel te kweek en ‘n nalatenskap te los.

Twee voormalige Proteaspelers, Amanda Mynhardt en Elsunet du Plessis is deur Seymore se hande en sy sien hul en ander se huidige betrokkenheid by netbal as een van haar rotsvaste getuigskrifte.

“Dit is vir my ongelooflik lekker om te sien hoeveel van my voormalige spelers steeds by netbal betrokke is. Hier by die Cokeweek was omtrent 14 voormalige spelers van my wat op een of ander manier betrokke bly,” vertel sy met ‘n glimlag.

In spanverband staan Seymore se talle wenspanne en veral haar o.15- en o.16-span wat in 2013 en 2014 as SA wenners gekroon is. Die rede vir haar sukses? ‘n Mengsel van passie, noukeurige statistiek en ‘n skerp oog op die netbalbaan.

“Die wedersydse respek wat my spelers vir my het en die waardering wat hulle uitbeeld, is baie belangrik. Ek sê altyd vir my spelers dat hulle nie die skeidsregter moet blameer nie en eerder op hulle eie spel moet fokus. Ek maak notas tydens wedstryde en oefeninge en gee dan ‘huiswerk’ waar ek sekere aspekte uitwys waaraan hulle kan werk.

Dit werk uitstekend en die ouers was nog altyd baie positief. Ons het wonderlike ouers by Volkies,” voer sy aan. Met slegs sewe maande in die onderwys oor, is Seymore positief vir Volkies se netbaltoekoms met die fondasie wat sy gelê het.

Sy meen die afrigters is daar, die fondasie is gelê en die spelers is meer as gretig om netbal na hoogtes te neem. Volkskool is armer sonder haar, maar is ryk in die wete dat haar netbal nalentenskap met Arendsvlerke sal voortsweef.

  AUTHOR
Wouter Pienaar
Sport Journalist

Latest News

COMMENTS

Carletonville HeraldParys GazetteSedibeng SterVaal Weekblad
Top