Groot Applous vir Tokkies koor

Die trotse seniorkoor-span saam met die hoof, mnr. Ruben Jacobs en die trofee.Van links is Sonja Coetzer (organiseerder), Esmie Koornhof (koorleier) en Petro Coetzee (begeleier). Foto: Maryke van Heerden

Laerskool Mooirivier is die wenners ná die eerste aand van die ATKV se skoolkoorkompetisie, Applous.
Agt-en-tagtig stemme van bekoring, Esmie Koornhof het die verskriklike taak aangepak om vir die tweede jaar Tokkies se senior koor te begelei tot by die Applous skool koorkompetisie en dan boop-op weer te wen. Hierdie is die tweede jaar wat hierdie onderwyseres en haar span die taak aanpak. Laasjaar het hulle in Stellenboch die Kapenaars ore aangesit en met die Applous trofee weggestap en hierdie jaar was nie veel anders nie.

Die koor met laasjaar se super 12 kore byeenkoms.

Die ATKV-Applous is ’n kompetisie vir skoolkore en sy nasionale eindronde het verlede Woensdagaand 2 Augustus in die ZK Matthews-konsertsaal in Pretoria begin. Dit is vanjaar die 40ste keer wat dié kompetisie aangebied word. Daar was vroeër vanjaar verskeie streeksuitdunne en die beste kore het tot die eindronde deurgedring.
Esmie vertel dat die koor drie ure ʼn week oefen en selfs aan die begin van die jaar ʼn paar Vrydae afgeknip het om selfs ses ure se oefen tyd in te sit. Dit is nie altyd ʼn maklike ding om kinders op so jong ouderdom vir so lank te laat oefen nie, maar die kinder is toegewyd en kry ondersteuning van hul onderwysers, ouers en selfs die skoolhoof wat glo met elke oefenning kom insit en luister en wat hul selfs die aand van die kompetisie ondersteun het. Dissepline, afronding en korrekte lees van bladmusiek is ook natuurlik ʼn hoe keuringsproses vir hierdie koorleier.
Sy se ook dat die ouers self ook baie help van klere gereed kry vir so vertoning tot instumente speel en soveel meer. Hierdie is een gediens, geolie en opgepaste enjin wat enige kompetisie sal oortref. Petro Coetzee is haar piannis en Esmie vertel dat dit ook bydra tot die koor se sukses om so musikale pianis te he wat deelmaak uit ʼn wenspan. Dan natuurlik ook Sonja Coetzer wat die organiseerder is, sonder ʼn organiseerder sal hierdie goed geoliede masjien nie kan werk nie.

Die koor in aksie by die Applous kompetisie. Foto: Annemarie Wichmann.

Daar was die aand twee afdelings: Afrikaanse laerskoolkore en nie-Afrikaanssprekende laerskoolkore.
Al die kore moes een voorgeskrewe werk in Afrikaans sing, ’n Afrikaanse werk van hul eie keuse, ’n werk in ’n Suid-Afrikaanse taal (Afrikaans en Engels uitgesluit) en ’n werk van hul eie keuse in enige taal.

Die Afrikaanse laerskoolkoor wat die beste voorgeskrewe werk in Afrikaans uitgevoer het, was Laerskool Mooirivier. Die voorgeskrewe werk vir dié afdeling was vanjaar “Die Tiekieriel-dansie” wat deur die komponis Chris Lamprecht verwerk is.
Die koor wat die beste voorgeskrewe werk in die afdeling vir nie-Afrikaanssprekende laerskoolkore was Goodwood Park Primary School in Kaapstad. Die voorgeskrewe werk vir dié afdeling was vanjaar “Die Olienhoutkierie” wat deur Dalene Brits gekomponeer is.
Bessie Keun, organiseerder van die ATKV-Applous, sê dié twee voorgeskrewe werke is musikaal op dieselfde standaard. “Die Afrikaanse teks vir die nie-Afrikaanssprekende kore is net ’n klein bietjie eenvoudiger sodat dit makliker verstaanbaar vir die nie-Afrikaanssprekende koorlede is,” sê Keun.
Laerskool Mooirivier het die afdeling vir Afrikaanse laerskole met 85,18% gewen.
Kore kon brons (60 – 69%), silwer (70 – 79%), goud (80 – 89%) en Cum Laude (bo 90%) ontvang het. Al die kore wat Woensdagaand deelgeneem het, het Goud ontvang.
Soos mens met hierdie koorleier gesels kan jy agterkom musiek is haar passie en kinder haar lewe, dit maak mens duidelik bewus van die harde werk wat in hierdie suksesvolle koor ingaan en sien die Tokkies senior koor gaan nog vele trofee inryg.

Die tokkies koor wys waarvan Potcehfstromers gemaak is. Foto: Annemarie Wichmann.


Vir interessantheid

’n Prys word ook toegeken vir die koor wat ’n werk in ’n Afrikataal die beste uitvoer. C&N Primêre Meisieskool Oranje in Bloemfontein het dié toekenning ontvang in die afdeling vir Afrikaanse laerskole met hul vertolking van “Amavolovolo”.

Stirling Primary School het dié toekenning in die afdeling vir nie-Afrikaanssprekende kore ontvang met hul tradisionele vertolking van “Emlanjeni Yelele” – ’n lied met Zoeloe- en Tswana lirieke.

Volledige uitslae

Afrikaanssprekende laerskoolkore:

Laerskool Mooirivier (Potchefstroom): 85,18%

Laerskool Kenridge (Durbanville): 83,27%

C&N Primêre Meisieskool Oranje (Bloemfontein): 83,11%

Laerskool Elarduspark (Pretoria): 81,68%

Laerskool Menlopark (Pretoria): 80,47%

Laerskool Pietersburg-Oos (Polokwane): 80,01%

Nie-Afrikaanssprekende laerskoolkore:

Excelsior Primary School (Bellville): 87,14%

Goodwood Park Primary School (Kaapstad): 86,04%

Stirling Primary School (Oos-Londen): 82,97%

Loreto School Queenswood (Pretoria): 80,06%

Nuwe Republiek Primêr/Primary (Vryheid): 80%

 

Latest News

COMMENTS

Carletonville HeraldParys GazetteSedibeng SterVaal Weekblad
Top