Veritas en Patria se vyfde spanne speel vanaand vir Dampad-voorregte

Dit gebeur min dat twee koshuis teenstanders vyfde spanne het, maar Patria se Pandas en Veritas se  Kaas en Wyn spanne gaan alles gee vir die Dampadbeker vanaand (11 Augustus) op die Fanie du Toit sportgronde se B-veld.
Hierdie twee spanne gaan die stryd om 17:30 aansê met die wenkoshuis wat mag kies aan watter kant van die Dampad eetsaal hulle wil sit. Die Dampadbeker was in 2012 laas gespeel toe Veritas dit gewen het en die weste kant van die eetsaal gekies het.
Ander groot wedstryde vind ook vanaand op die C-veld plaas tussen hierdie twee trotse koshuise.
Moet dit nie misloop nie.
C-veld
18:30 Veritas 3 vs Patria 3
19:40 Veritas 2 vs Patria 2
21:00 Veritas 1 vs Patria 1
  AUTHOR
Wouter Pienaar
Sport Journalist

Latest News

COMMENTS

Carletonville HeraldParys GazetteSedibeng SterVaal Weekblad
Top