Man dood na bakkie rol

ʼn Man is gistermiddag (9 Oktober) dood nadat sy bakkie gerol het op die Schoemansdriftpad ongeveer 15km buite Potchefstroom.

Volgens Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het paramedici op die toneel gekom waar hulle die bakkie op sy dak gevind het. Die man, wat glo in sy laat 20’s is se liggaam is sowat 100 meter van die voertuig gevind.

“Ongelukkig was daar niks wat paramedici vir die man kon doen nie en hy is dood op die toneel verklaar,” het Meiring gesê.

Plaaslike owerhede was op die toneel om verdere ondersoeke in te stel.

Latest News

COMMENTS

Carletonville HeraldParys GazetteSedibeng SterVaal Weekblad
Top