Rock hart rock hard in Potchefstroom

Grafika: NWU - Club MVG Facebook
Grafika: NWU - Club MVG Facebook

Potchefstroom se eie rock-kompetisie het Dinsdagaand 10 Oktober seker gemaak vir ’n oorvloed van lawaai by vanjaar se Rock Hart – Battle of the Bands wat by Club MVG plaasgevind het.

Rock Hart is gestig om vir Suid-Afrikaanse rock groepe weer ’n platvorm te bied waarop hulle hul talente kan uitleef. Dit kom na die uitsterwing van die bekende MK89 en Rock Spaaider, wat destyds gesorg het dat rock musiek steeds voortleef.

Hierdie kompetisie is trots aangebied deur PUKfm, NWU-Jool, Red Square, Club MVG en 9West Productions.
Plaaslike musiekgroepe kon deelneem in die kompetisie deur ’n klanksnit van hul musiek in te stuur. Die top vyf groepe het Dinsdagaand teen mekaar gekompeteer by Club MVG, waar hulle hul harte uitgespeel het vir die prys om by JOOL 2018 te kan optree, sowel as ’n kontantprys en ’n liedjie- en musiekvideo opname deur 9West Productions.

Die vyf groepe wat deurgedring het na die finale rondte en Dinsdagaand ’n verhoog kon deel met We Are Charlie en Glaskas, is Glimpse, Dogbowl Resistance, The Chandelier Kids, The Farewell en Jack Rabbit.

Hoewel elke groep hul beste gegee het, en die gehoor werklik elke optrede geniet het, het Jack Rabbit uiteindelik as die wenners uitgeloop.

Die tweede prys is gegee aan The Chandelier Kids en in derde plek is Glimpse. Al drie hierdie groepe gaan te sien wees by volgende jaar se JOOL optredes.

  AUTHOR
Marianke Saayman
Journalist

Latest News

COMMENTS

Carletonville HeraldParys GazetteSedibeng SterVaal Weekblad
Top