Klawerhof student droom groot op Aardklop verhoog

Elbé van der Merwe as Lyla en Veronica Ramokgoname as Anabelle in Droom. FOTO: Verskaf
Elbé van der Merwe as Lyla en Veronica Ramokgoname as Anabelle in Droom. FOTO: Verskaf

“Nie almal kan altyd in jou passie deel nie, maar die lekkerste ding ooit is om iemand wat nooit gedink het hulle kan hulself op ’n verhoog sien nie, daar te kry. Dan voel ek dat my werk hier gedoen is. Ek wil net hê mense moet besef hulle kan dit doen,” sê Veronica Ramokgoname, die wenner van Aardklop se Pronk Podium beste aktrise.

Vanjaar het Aardklop besluit om die top drie kampustonele die geleentheid te gee om by Aardklop se Pronk Podium op te tree. Pronk Podium poog om studente van hoërskool tot universiteit die kans te gee om voor ’n Aardklop gehoor op te tree. Klawerhof, Vergeet-My-Nie en Patria was die drie kampustonele wat deelgeneem het in Pronk Podium saam met die top tienertonele van skole regoor die land.

Elbé van der Merwe as Lyla en Veronica Ramokgoname as Anabelle in Droom. FOTO: Verskaf

Elbé van der Merwe as Lyla en Veronica Ramokgoname as Anabelle in Droom. FOTO: Verskaf

“Daar was baie goeie skole wat deelgeneem het. Ek het nie gedink ons gaan dit maak nie, want die kompetisie was baie taai.” Veronica het die prys van algeheel beste aktrise gewen vir haar rol as Annabel in die Pierre-André Viviers produksie, Droom.

Droom het ook die prys gewen vir die beste regisseur (Viviers) onder die tienerproduksies en in die studente-afdeling was Droom eerste. Dit was ook die algehele beste produksie.

Elbé van der Merwe en Veronica Ramokgoname met hul toekennings. FOTO: Verskaf

Elbé van der Merwe en Veronica Ramokgoname met hul toekennings. FOTO: Verskaf

Dit is ’n produksie waarin twee tieners speel, Anabelle (gespeel deur Veronica) en Lyla (gespeel deur Elbé van der Merwe). Hulle is albei nog jonk, maar beide is gediagnoseer met kanker. Die toneel speel af in die hospitaalkamer waar Anabelle, die naïewe, positiewe meisie, probeer om vir Lyla te oorreed dat hulle wel kanker kan oorwin. Saam leef hulle van Anabelle se grootste drome uit.

“Die gehoor raak lief vir Anabelle se karakter en sien dan hierdie kontrasterende Lyla en hoe Anabelle haar beïnvloed en haar siening oor die lewe verander,” sê Veronica. Sy sê hoewel sy kon vergelyk met haar karakter, is sy eintlik baie anders as Anabelle.

Elbé van der Merwe en Veronica Ramokgoname. Foto: Verskaf

Elbé van der Merwe en Veronica Ramokgoname. Foto: Verskaf

“Ek is ’n baie dieper denker as dit kom by die lewe. Ek hou daarvan om dinge eers deur te dink voor ek iets doen. Anabelle dink nie. Sy doen net, maar sy het baie op my gegroei. Ek het so lief geraak vir haar dat ek al begin praat soos sy as ek saam met my vriende is.”

Sy sê een van die belangrikste dinge van toneelspeel is om jouself toe te laat om in iemand anders se skoene te klim en te leer van daardie karakter. “Vir daardie oomblik is jy nie jouself nie, en dis lekker.”

Elbé van der Merwe as Lyla en Veronica Ramokgoname as Anabelle in Droom. FOTO: Verskaf

Elbé van der Merwe as Lyla en Veronica Ramokgoname as Anabelle in Droom. FOTO: Verskaf

Veronica het al begin toneel speel van haar laerskooljare af. Sy het toe al ’n liefde daarvoor ontwikkel en droom om eendag ’n aktrise word. Sy is tans ’n tweedejaar student in regte en wil graag in strafreg spesialiseer. Sy is ook op die huiskomitee van Klawerhof dameskoshuis met die portefeulje van kunste. Behalwe vir toneelspeel, sing en debatteer sy ook. “Ek is lief vir enige iets kunstig behalwe teken en verf,” sê sy.

Haar doel vir die termyn wat voorlê, is om haar passie vir die kunste in ander te kweek. “Mense kan in my passie deel, hulle moet net weet wat dit is. As hulle eers ’n bietjie daarvan geproe het, dan gaan hulle weet.”

  AUTHOR
Marianke Saayman
Journalist

Latest News

COMMENTS

Carletonville HeraldParys GazetteSedibeng SterVaal Weekblad
Top