Bouwer Bosch se nuwe musiekvideo slaan asems weg!

Bouwer Bosch. FOTO: Verskaf
Bouwer Bosch. FOTO: Verskaf

Bouwer Bosch het pas sy nuwe musiekvideo vir sy enkelsnit, VERBY bekendgestel en dit beïndruk gewis!

 

“VERBY gaan oor wanneer jy wil handdoek ingooi en wegstap uit ‘n verhouding omdat jy dink konflik is die einde van julle liefde, maar eintlik is dit juis wanneer mens met mekaar baklei, dat jy vír mekaar baklei”, sê Bouwer.

Die video is oor twee dae in Witsieshoek in die Drakensberge geskiet.  Witsieshoek is so plus minus 400km buite Johannesburg en Brendan Barnes (ook vervaardiger van die nuutste Matthew Mole video) was die kinematograaf en regisseur van die video.

Bouwer vertel:  “Ons het ‘n baie swaar Rhodes klavier teen ‘n berg opgedra en seker gemaak ons kry die mooiste skote soos wat die son sak.  Die volgende oggend was ons weer 5h00 op die berg om die sonsopkoms te vang.  Ons wou vir iets simplisties gaan met hierdie video, iets wat ek nog nie gedoen het nie.  Gewoonlik het my videos storielyne met karakters, maar hierdie keer wou ek dit skoon en basies hou.  Die proses was vir my anders omdat ek gewoonlik al my videos self doen.  Dit was lekker om vir ‘n verandering by iemand anders te leer!”

VERBY is ook beskikbaar op sy album, Hopelik, wat vroeër in 2017 vrygestel is.  Die album het ’n nuwe klank met ’n meer elektroniese, opgewekte aanslag. Dit wyk egter nie heeltemal af van die digterlike alternatiewe styl waarvoor Bouwer bekend is nie.

 

  AUTHOR
Marianke Saayman
Journalist

Latest News

COMMENTS

Carletonville HeraldParys GazetteSedibeng SterVaal Weekblad
Top