Ontmoet die plaaslike klanke van The Chandelier Kids

Llewellyn Annandale op kitaar. Foto: 9West Photography
Llewellyn Annandale op kitaar. Foto: 9West Photography

In minder as ‘n week se tyd het vyf plaaslike jong musikante bymekaar gekom en ‘n band met die naam The Chandelier Kids gestig. Die doel? Om aan die Rock Hart – Battle of the Bands kompetisie deel te neem wat hul die kans sou bied om by NWU JOOL se jaarlikse Rock Show op te tree.

Duidelik het dinge goed gegaan in hul debuutvertoning by Rock Hart wat by Club MVG aangebied is. Hul spontane verskeidenheid liedjies het die gehoor vir soetkoek opgevreet en toe hulle weer sien kry hulle ‘n tweede plek in dié kompetisie.

Sodoende kry The Chandelier Kids die kans om by volgende jaar se NWU JOOL Rock Show op te tree saam met van die land se gesogste kunstenaars.

Potchefstroom Herald het met twee lede van die groep, Ruwaan Botha en Llewellyn Annandale oor hul musiek, die band, hul drome en Potchefstroom se musiek-kultuur onder andere gesels.

Wie is The Chandelier Kids?

Ruwaan Botha – Dromme, Llewellyn Annandale – ritmiese kitaar en sang, Hennie Honiball – baskitaar, Morné Heymann –  kitaar en MJ Scholtz –hoofsanger

  1. Hoe het “The Chandelier Kids” onstaan? Soos ek verstaan ken julle mekaar, maar het onlangs eers musikale kragte saamgespan?

Llewellyn: “Ons het almal mekaar by Heimat se Eeerstejaarskonsert vanjaar ontmoet en dinge het maar van daar af begin.”

Ruwaan: “Ons het in die begin net ‘n paar keer saamgespeel en nie regtig gedink dat ons ‘n volledige band wil begin nie. Toe ons van Rock Hart hoor het ons besluit om dit ‘n kans te gee. Drie dae voor die kompetisie (dit was ‘n Sondag) het ons amptelik die band gevorm.”

  1. Hoe het julle op die naam “The Chandelier Kids” afgekom?

Llewellyn:  “Ons het lank gesukkel om ‘n naam te kry en so in die dinkproses waar ons oefen, sien ons toe ‘n kandelaar wat oor die dromstel hang in ons oefenspasie (gewoonlik stamp ons ook gedurig teen dit.) Ons wou eers sê “Thee Chandelier People” maar “The Chandelier Kids” het beter geklink, so toe gaan ons daarmee.”

Ruwaan: “Ek hou van The Chandelier Kids” omdat jy dit kan afkort na TCK wat lekker kan werk vir logo’s en ontwerpe ook!”

The Chandelier Kids in aksie by Rock Hart – Foto’s: 9West Photography

  1. Hoe was die Rock Hart ervaring vir julle gewees?

Ruwaan: “Alles het net mooi gewerk daardie aand. Ons ken mekaar se sterkpunte en het net geclick. Daar was so lekker eenheid en broederskap wat ‘n mens as ‘n band op die verhoog deel. Ons was van die begin af net daar om die musiek te geniet en ook die ander bands te ondersteun. Toe ons op die verhoog stap was dit net vreeslik lekker. Ons het nie daarop uitgegaan dat ons moet wen nie. Ek het net heeltyd geglimlag!

Llewellyn: “Die gehoor het dit ook baie geniet en saam gesing so ek dink dit was regtig ‘n groot sukses vir ons.”

  1. Watter tipe musiek sal julle sê het die grootste invloed op julle klank?

Ruwaan: “Ek dink ons lede in die band beinvloed mekaar se musieksmaak en dit oorvleuel baie. As ‘n liedjie vir my emosie het en met my praat dan wil ek dit speel. Ons beperk nie onsself tot een spesifieke styl nie. Rock is ons hoofstyl, maar daar is verskriklik baie style binne rock ook.

Llewellyn: “Ek sou sê style soos rock, classic rock, blues sowel as Folk en Indie is wat ons inkorporeer. Ons kan byvoorbeeld ‘n metal liedjie wat en dan sal ons weergawe meer soos rock klink byvoorbeeld. Ons sit ons eie styl daarin en ons maak dit wat ons dit wil hê.

  1. Wat is die doel van musiek en watter tipe boodskap sal julle met musiek wil bring?

Ruwaan: “As ek op die verhoog stap wil ek hê dat die mense my passie moet aanvoel. Solank ‘n mens mense kan laat beweeg en musiek kan geniet voel ek dat ons op die regte plek is.”

Llewellyn: “Musiek was nog altyd die een konstante ding wat ek geniet. Musiek bring net mense bymekaar van verskillende kulture en dit is universieël.”

  1. Hoe sien julle lirieke en hoe werk die skryfproses vir julle?

Ruwaan: “Ons lirieke sal meeste gaan oor vandag se sosiale kwessies, kulture en wat in die wêreld aangaan.”

Llewellyn: “Ek voel ook musiek moet ‘n manier vir jou wees om van jou frustrasie ontslae te raak en te wys waaroor jy omgee of waaroor jy saamstem, of nie. Skryf gee vir ‘n mens daardie geleentheid.”

  1. Oor drie maande tree julle by 2018 JOOL op. Hoe voel julle oor die geleentheid en waar sien julle julself as ‘n band?

Llwellyn: “Ons vat hierdie geleentheid soos dit kom. Dit is fantasties en ons sien baie uit. Ons is uit die aard van die saak ook net pelle wat saam musiek maak en ons gaan nie met die idee in dat ons voltyds musiek wil maak nie. Ons almal studeer nog ook.”

Ruwaan: “Die oomblik wanneer die band ‘n groot genoeg indruk maak dan sal ons kyk daarna om dalk meer energie en tyd in die band te sit. Vir nou sien ons die band net as ‘n manier om weekliks saam musiek te geniet en onsself te verbeter.

  1. Potchefstroom het die afgelope jaar dit moontlik gemaak vir jong opkomende talent om raakgesien te word by “Jou Ma se Potch.” Hoe voel julle oor Potch se musiek en bandkultuur?

Ruwaan: “Ek kom altyd agter hoe nederig die mense van Potch is. Hulle geniet dit dat jy musiek maak en gee mense kans om musiek te maak. Daar is daardie respek teenoor mekaar. Dit is fantasties. Dit is lekker dat daar daardie platform is.”

Ruwaan Botha - Dromme

Ruwaan Botha – Dromme

 Vinnige vrae:

Eerste instrument?

Llewellyn: Yamaha Nylon Kitaar

Ruwaan: ‘n Vintage Century Dromstel wat my pa vir my gekoop het toe ek 3 was.

5 albums wat julle graag sou wou op gespeel het?

  • Icky Thump: White Stripes
  • Def Leppard: Hysteria
  • Karen Zoid: Enige album
  • Shakey Graves
  • Walk Off The Earth

5 kunstenaars wat jy saam ‘n verhoog sal wil deel?

Eric Clapton, Gary Clark Jr, John Mayer, Spoegwolf en Dan Patlansky

Foto’s: 9West Photography

  AUTHOR
Wouter Pienaar
Sport Journalist

Latest News

COMMENTS

Carletonville HeraldParys GazetteSedibeng SterVaal Weekblad
Top