Gholfnuus van die Buiteklub

Die wenners in die onderskeie afdelings van die maandelikse houespel is Danie Jansen van Vuuren, Chris Heyns en André Colongelo Foto: Verskaf
Die wenners in die onderskeie afdelings van die maandelikse houespel is Danie Jansen van Vuuren, Chris Heyns en André Colongelo Foto: Verskaf

Die afgelope week was weer besig en die volgende kompetisies is by die Potchefstroom Buiteklub se gholfbaan aangebied.
*Op Woensdag 1 November het die klub ‘n IPS-kompetisie aangebied. Die wenners was:
1e – Kobus Gerber met 43 punte
2e – Conrad de Swardt met 41 punte
3e – Awie Otte met 41 punte
*Op Vrydag 3 November het die NG Kerk Mooirivier hulle fondsinsamelingsdag by die Buiteklub aangebied. Die formaat was ‘n betterball points stableford en die uitslag was:
1e – Norman en Kotie Hartzenberg met 51 punte
2e – Louis Schlebush en Pieter Muller met 49 punte.
3e – Neville Windell en Morné Kotze met 48 punte.
*Op Saterdag 4 November is die maandelikse medal-kompetisie, geborg deur Wimpy Potchefstroom, by die klub gehou. Die wenners was:
A – afdeling: Danie Jansen van Vuuren met ‘n netto telling van 67
B – afdeling: André Colangelo met ‘n netto telling van 70
C -afdeling: Chris Heyns met ‘n netto telling van 66.

Sport

Latest News

COMMENTS

Carletonville HeraldParys GazetteSedibeng SterVaal Weekblad
Top