Agt beseer in taxi-botsing

Agt mense is Saterdagoggend (11 November) beseer nadat ‘n taxi en ʼn ander voertuig op die hoek van Govan Mbeki en Nelson Mandela-rylaan met mekaar gebots het.
Volgens Russel Meiring, ER24 woordvoerder, het paramedici van ER24, saam met ander dienste, op die toneel gekom waar die taxi op sy, sy langs die pad gelê het. Die ander voertuig is ʼn kort afstand verder gevind.
Daar was reeds mense wat uit die taxi geklim het en op die toneel rond geloop het. Agt mense is deur paramedici vir verskeie beserings behandel.
“Gelukkig was daar geen ernstige of noodlottige beserings nie,” het Meiring gesê.
Die mense is behandel vir hul beserings en is na Mediclinic Potchefstroom en Potchefstroom Hospitaal vervoer vir verdere behandeling.
Die polisie was op die toneel vir verdere ondersoeke.

Latest News

COMMENTS

Carletonville HeraldParys GazetteSedibeng SterVaal Weekblad
Top