Man dood na weerlig hom tref

ʼn Man is vandag (14 November) omstreeks 14:00 oorlede nadat hy in Parys deur weerlig getref is.
Volgens Russel Meiring, woordvoerder van ER24, is die man glo in sy 40’s. Hy en ʼn ander man het skuiling gesoek van die reën toe die weerlig hulle tref. Die man is na bewering ʼn werker van ʼn bouterrein by ‘n gholfbaan in Parys.
Met paramedici se aankoms is die man na ʼn huis geskuif.
“Paramedici kon ongelukkig niks vir die man doen nie en hy is dood op die toneel verklaar,” het Meiring gesê.
Die ander man wat saam met hom was is glo geen beserings opgedoen nie.

Latest News

COMMENTS

Carletonville HeraldParys GazetteSedibeng SterVaal Weekblad
Top