AfriForum-buurtwag in Potchefstroom hou massapatrollie

Foto: Mario van de Wall
Foto: Mario van de Wall

AfriForum se Potchefstroom-buurtwag het op 2 Desember ‘n massapatrollie in dié stad en op omliggende plase uitgevoer. Altesaam 256 mense het in 119 voertuie 5 382 km in 662 man-ure afgelê.

Die burgerregte-organisasie het die patrollie van stapel gestuur om plaaslike buurtwagte meer paraat te maak, asook om sigbaarheid in dié gebiede te verhoog.

Die volgende organisasies het saam met AfriForum se Potchefstroom-buurtwag aan die massapatrollie deelgeneem: Potchefstroom-Oos-veiligheidsinstansie, Miederpark-gemeenskapspolisiëringsforum, Potchefstroom se landelike veiligheidsinstansie, Mooibank-patrolliegroep, Mooirivier Beskerming, CB Security, Electro Security en ER24.

“Die patrolleerders het by die Pick n Pay in Vanderhoffpark bymekaargekom en Mooirivier Beskerming se beheerkamer is tydens die patrollie gebruik. AfriForum is dankbaar vir elkeen wat hul tyd opgeoffer het om ’n verskil te maak in die gebied se veiligheid,” sê Jan de la Hunt, voorsitter van AfriForum se Potchefstroom-buurtwag.
Raak by ’n AfriForum-buurtwag betrokke en help om jou omgewing te beveilig: SMS “Buurtwag” na 45340 (R1).

AfriForum en GPF Miederpark se patrolliegroep saam met mense van Mooirivier Beskerming, Electro Security, CB Security en ER24. Die Mooibank patrolliegroep het by die Mooibank Skool bymekaar gekom en Potch-Oos Veiligheid het by Truck Inn bymekaar gekom. Foto: Mario van de Wall

AfriForum en GPF Miederpark se patrolliegroep saam met mense van Mooirivier Beskerming, Electro Security, CB Security en ER24. Die Mooibank patrolliegroep het by die Mooibank Skool bymekaar gekom en Potch-Oos Veiligheid het by Truck Inn bymekaar gekom. Foto: Mario van de Wall

  AUTHOR
Marianke Saayman
Journalist

Latest News

COMMENTS

Carletonville HeraldParys GazetteSedibeng SterVaal Weekblad
Top