Feestelikheid by die laaste Snowflake-mark van die jaar

Phillip, Gian en Edrich Labuschagne geniet hul nuwe speelgoed
Phillip, Gian en Edrich Labuschagne geniet hul nuwe speelgoed

Die feestelikheid was behoorlik in die lug by die afgelope naweek se Snowflake-mark. Ten spyte van die reën, het mense steeds besluit om hul Vrydagaand en Saterdagoggend by die heerlike mark deur te bring.

Hendro en Limoné Stols het hul inkopies in 'n waentjie gelaai

Hendro en Limoné Stols het hul inkopies in ‘n waentjie gelaai

Dié mark wat maandeliks by die ou Snowflake-gebou in Piet Bosmanstraat gehou word, het talle stalletjies met ’n verskeidenheid produkte waarvan almal kan kies en keur. Daar is ook heerlike kosstalletjies en ’n kontantkroeg op die perseel waar mense kan sit om hul voete te laat rus terwyl hulle na musiek kan luister.

Mariska, Jannie en klein Arabella Willemse geniet 'n soetigheidjie.

Mariska, Jannie en klein Arabella Willemse geniet ‘n soetigheidjie.

Moet nie die eerste Snowflake-mark van 2018 misloop nie. Dit word op 2 en 3 Februarie gehou. Nog foto’s by www.potchefstroomherald.co.za

Pieter Lourens, Hennie Wessels en Gawie Stoltz maak heerlike 'Corndogs'

Pieter Lourens, Hennie Wessels en Gawie Stoltz maak heerlike ‘Corndogs’

Henda en Hendrik Jordaan verkoop Wilhelmiena se Jinja Fizz, die lekkerste gemmerbier wat jy kry

Henda en Hendrik Jordaan verkoop Wilhelmiena se Jinja Fizz, die lekkerste gemmerbier wat jy kry

Yolandi Ras, Samantha Joubert, klein Jandré Prinsloo en Naas Prinsloo is die span agter die heerlike kos by N3's Deli

Yolandi Ras, Samantha Joubert, klein Jandré Prinsloo en Naas Prinsloo is die span agter die heerlike kos by N3’s Deli

Pieter Lourens, Hennie Wessels en Gawie Stoltz maak heerlike 'Corndogs'

Pieter Lourens, Hennie Wessels en Gawie Stoltz maak heerlike ‘Corndogs’

  AUTHOR
Marianke Saayman
Journalist

Latest News

COMMENTS

Carletonville HeraldParys GazetteSedibeng SterVaal Weekblad
Top