Voormalige Volkie slaan hondertal by Cubs Week

Louis va nSchalkwyk in aksie vir die Lions Cubs span in Stellenbosch die afgelope naweek.
Louis van Schalkwyk in aksie vir die Lions Cubs span in Stellenbosch die afgelope naweek. Foto: Volkies Krieket (Facebook)

Volkies se Louis van Schalkwyk het vanjaar sy krieketseisoen op ‘n hoë noot begin nes hy dit in 2017 afgesluit het. Van Schalkwyk het Saterdag, 6 Januarie ‘n hondertal in die nasionale Cubs-week vir die Lions teen die Dolphins in Stellenbosch gemoker. Sy 101 het van 140 balle gekom.

Sodoende bou Van Schalkwyk voort op sy Khaya Majola-week vertonings waar hy die voorste lopiemaker was.

Leer meer hieroor in hierdie Donderdag (11 Januarie) se Potchefstroom Herald.  

  AUTHOR
Wouter Pienaar
Sport Journalist

Latest News

COMMENTS

Carletonville HeraldParys GazetteSedibeng SterVaal Weekblad
Top