Volkies se De Freitas bewys sy veelsydigheid by nasionale krieketweek

Christopher de Freitas van Hoër Volkskool Potchefstroom is as die beste veelsydige speler by die 2017 o.15 nasionale krieketweek aangewys. Foto: Wouter Pienaar
Christopher de Freitas van Hoër Volkskool Potchefstroom is as die beste veelsydige speler by die 2017 o.15 nasionale krieketweek aangewys. Foto: Wouter Pienaar

Hoër Volkskool Potchefstroom kan met reg trots wees op sy nuutste krieketster, Christopher de Freitas, nadat hy tydens die nasionale o.15-krieketweek as die beste veelsydige speler aangewys is.
Hierdie hotklou-kolwer het weer eens sy wilgerlat geswaai, maar ook met sy kranige regterarm boulwerk die ander provinsies laat les opsê. 2017 was beslis ‘n merkwaardige jaar vir De Freitas, wat meer as 1 000 lopies in die skole krieketliga vir Volkies se o.15-span geslaan het. Verwag maar dat De Freitas in 2018 homself by die eerste span kan betrek, waar hy moontlik sy stempel sal afdruk wanneer hy die geleentheid kry.

Christopher de Freitas ontvang sy toekenning vir die veelsydige speler van die o.15 CSA Nasionale Krieketweek. Foto: Facebook.

Christopher de Freitas ontvang sy toekenning vir die veelsydige speler van die o.15 CSA Nasionale Krieketweek. Foto: Facebook.

  AUTHOR
Wouter Pienaar
Sport Journalist

Latest News

COMMENTS

Carletonville HeraldParys GazetteSedibeng SterVaal Weekblad
Top