NWU Swemklub is Noordwes-kampioene

Die NWU-Swemklub het tydens die jaarlikse Noordwes-kampioenskappe, wat vanaf 7 – 10 Desember verlede jaar in Rustenburg plaasgevind het, as algehele wenners van 16 swemklubs uit die stryd getree met ‘n totaal van 6 437 punte. Rustenburg Otters (5 766) was in die tweede plek en Potchefstroom Swemklub (5 467) was derde. Die Pukspan se mans het ‘n wegholoorwinning behaal en die dames ‘n oortuigende tweede plek. ‘n Totaal van 50 junior en 10 senior Pukke het vir die kampioenskappe ingeskryf en het 20 goue-, 28 silwer- en 26 bronsmedaljes ingepalm.
Die Pukke se individuele medalje-wenners op die podium was: Nadia Blaauw (5 goud, 1 silwer), Samantha Blaauw (1 silwer, 1 brons), Danita Blokker (1 goud), Van Zyl Brand (2 goud, 2 silwer, 2 brons), Dané de Klerk (1 goud, 3 brons), Retief Esterhuysen (1 goud, 2 brons), Kayleigh Geel (1 silwer, 4 brons), Jace Gomes (1 brons), Francois Goosen (4 silwer), Licinda Kleynhans (1 goud, 2 silwer, 1 brons), MJ Koekemoer (1 silwer), Cornell Loubser (3 goud, 1 brons), Xandri Palmer (1 silwer, 2 brons), Tiaan Rossouw (2 silwer, 1 brons), Dieter Roux (2 brons), Janco Uys (3 brons), Juandré Uys (1 silwer, 1 brons), Courtney van Biljon (3 silwer, 3 brons), Franco van Niekerk (4 goud, 3 silwer, 2 brons) en Reino von Wielligh (2 goud, 3 silwer). Wanneer die aflosse hierby bereken word, styg die klub se medalje-oes aansienlik, met onder meer drie eerste en twee tweede plekke. Daarbenewens het die Pukke ook twee van hul eie rekords, beide in 2014 opgestel, op aanskoulike wyse verpletter, naamlik die 400m wisselaflos (Van Zyl Brand, Licinda Kleynhans, Franco van Niekerk en Courtney van Biljon), asook die 400m kruipslag aflos (Franco van Niekerk, Cornell Loubser, Courtney van Biljon en Van Zyl Brand).

PNP

Latest News

COMMENTS

Carletonville HeraldParys GazetteSedibeng SterVaal Weekblad
Top