Gimmies se o.17’s skitter vir provinsie by nasionale krieketweek

Gimmies se o.17 krieketspelers het 'n uitstekende week by die KSA o.17 Krieketweek in Oos-Londen beleef. Agter is Simphiwe Mkwhanazi, Duan Jansen en Junior Mathe. Voor is Ricus Swart, Marco Jansen en Ronald Hendricks.
Gimmies se o.17 krieketspelers het 'n uitstekende week by die KSA o.17 Krieketweek in Oos-Londen beleef. Agter is Simphiwe Mkwhanazi, Duan Jansen en Junior Mathe. Voor is Ricus Swart, Marco Jansen en Ronald Hendricks.

Noordwes se Potchefstroomse o.17 krieketspelers het die afgelope Desembervakansie in Oos-Londen by die o.17 Krieket Suid-Afrika (KSA) Krieketweek hulle provinsie en stad trots gemaak. Potchefstroom Gimnasium se Marco Jansen het die meeste lopies (120) vir Noordwes gedurende hierdie week geslaan, met skoolmaat Junior Mathe wat die tweede meeste lopies ingesamel het. Volgens Wian Lubbe, hoogafrigter van Gimmies se eerste krieketspan, het Mathe se 84 lopies teen Mpumalanga verseker dat Noordwes die wedstryd onbeslis laat eindig het. “Saam met Ronald Hendricks het hulle ‘n 100 lopie vennootskap geslaan,” het hy uitgebrei.
Marco se tweelingbroer, Duan, het met die bal uitgeblink en die meeste paaltjies vir Noordwes geneem. Sy sewe stokke het hy met ‘n boulgemiddeld van 18 en algehele gemiddeld van slegs 3.71 lopies per boulbeurt afgestaan. “Ricus Swart en Ronald Hendricks het 5 paaltjies vir die toernooi gevat. Simphiwe Mkwhanazi het baie goed geboul en al hierdie spelers het van hulle geleenthede gebruik gemaak,” het Lubbe aangevoer.

Marco Jansen in aksie met die bal.

Marco Jansen in aksie met die bal laasjaar vir Gimmies. Foto: Wouter Pienaar.

PNP

  AUTHOR
Wouter Pienaar
Sport Journalist

Latest News

COMMENTS

Carletonville HeraldParys GazetteSedibeng SterVaal Weekblad
Top